Die polisie in Durban in KwaZulu-Natal het vandeesweek ʼn 25-jarige vrou in hegtenis geneem wat na bewering ʼn valse saak teen ʼn oorlede man by die polisie aanhangig gemaak het.
Kol. Thembeka Mbhele, woordvoerder van die polisie, sê die vrou het glo aangevoer dat sy op 19 Februarie vanjaar ʼn besigheidsvergadering met die oorledene gehad het waartydens hy homself aan haar ontbloot het.
Mbhele sê die vrou het beweer dat die voorval by die Sangro House-kantore in Smitstraat in Durban plaasgevind het.
“ʼn Saak is by die Durbanse polisie aanhangig gemaak waarna ʼn ondersoek van stapel gestuur is. Die polisie het tydens die ondersoek vasgestel dat die 76-jarige man in April 2016 reeds gesterf het. Die departement van binnelandse sake het ook sy sterfdatum bevestig,” sê sy.
Aanklagte van bedrog en meineed staar die vrou in die gesig. Mbhele sê sy sal na verwagting Vrydag in die landdroshof in Durban verskyn.
“Ons wil die publiek waarsku om nié valse sake by die polisie aanhangig te maak nie, want dit is blatante misbruik van staatshulpbronne,” sê genl.maj. Bheki Langa, nasionale polisiebevelvoerder.
Waarom sou sy so iets doen, wat was haar motief?
Welkom in Afrika.
Ek sal ook graag wil weet wat haar motief was? Ek dink die polisie moet beter ondersoek, want daar is meer aan hierdie storie as wat vertel is. Die vrou sal nou wragtig nie teen ‘n dooie mens ‘n klagte le nie.
Dit kan wees die polisie vat so lank om n saak te ondersoek die klaer of beskuldigde kan van ouderdom doodgaan terwyl hulle vir die polisie wag.
Ek kon dit nie beter gestel het nie – LOL!!!
Ek sit met n plakker op die bure se plaas teen die grensdraad. Sy maak sommer klagtes van rig van n vuurwapen teen my! Dan sê die getuies dis onwaar en NIKS word daaraan gedoen nie! Wat gebeur die dag as daar nie enige getuies is om te kan getuig nie???
hel nee hulle moet gewerk het vir n slag
Hahahaha – daar vang slim sy baas!!!
Net ‘n vinnige vraag. Het die manlike person hom nie dalk voor gedoen as die oorledene nie en geweet indien polisie ondersoek doen sal hulle sien die persoon is al oorlede – dus kan hulle hom nie vas trek vir dit nie
Niks sal my meer verbaas nie! Daar was al gevalle waar persone hulle voordoen as die “oorledene” ie vir die spesifieke rede nie maar vir baie ander bedrog wat bv toelaes betref
Ek praat uit ondervinding die publiek weet nie hoe die polisie tot n laagtepunt gedaal het nie ek sien mense gebruik die woord useless ek dink hulle is useless verby die meeste is of onosel of besig met kriminele aktiwiteite en n klein persentasie is net bloot lui en het dan alerhande verskonings vir dit ..ons is in groot moeilikheid die polisie is nie meer in beheer van misdaad nie en dit gaan erger word ,misdaad floreer en misdadigers raak al meer aroganter want hulle weet daar is niemand wat hulle gaan steur nie.