Die polisie in Durban in KwaZulu-Natal het vandeesweek ʼn 25-jarige vrou in hegtenis geneem wat na bewering ʼn valse saak teen ʼn oorlede man by die polisie aanhangig gemaak het.
Kol. Thembeka Mbhele, woordvoerder van die polisie, sê die vrou het glo aangevoer dat sy op 19 Februarie vanjaar ʼn besigheidsvergadering met die oorledene gehad het waartydens hy homself aan haar ontbloot het.
Mbhele sê die vrou het beweer dat die voorval by die Sangro House-kantore in Smitstraat in Durban plaasgevind het.
“ʼn Saak is by die Durbanse polisie aanhangig gemaak waarna ʼn ondersoek van stapel gestuur is. Die polisie het tydens die ondersoek vasgestel dat die 76-jarige man in April 2016 reeds gesterf het. Die departement van binnelandse sake het ook sy sterfdatum bevestig,” sê sy.
Aanklagte van bedrog en meineed staar die vrou in die gesig. Mbhele sê sy sal na verwagting Vrydag in die landdroshof in Durban verskyn.
“Ons wil die publiek waarsku om nié valse sake by die polisie aanhangig te maak nie, want dit is blatante misbruik van staatshulpbronne,” sê genl.maj. Bheki Langa, nasionale polisiebevelvoerder.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
Waarom sou sy so iets doen, wat was haar motief?
Dit kan wees die polisie vat so lank om n saak te ondersoek die klaer of beskuldigde kan van ouderdom doodgaan terwyl hulle vir die polisie wag.
Ek sit met n plakker op die bure se plaas teen die grensdraad. Sy maak sommer klagtes van rig van n vuurwapen teen my! Dan sê die getuies dis onwaar en NIKS word daaraan gedoen nie! Wat gebeur die dag as daar nie enige getuies is om te kan getuig nie???
hel nee hulle moet gewerk het vir n slag
Hahahaha – daar vang slim sy baas!!!