Vrou (25) vas na sy glo kêrel vermoor

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn 25-jarige vrou van Bloemfontein is in hegtenis geneem in verband met die moord op haar 23-jarige kêrel.

Konst. Peter Kareli, woordvoerder van die polisie, het gesê die paartjie was Sondagaand by die vrou se ouerhuis in Rocklands. “Na bewering het hulle in ʼn argument betrokke geraak voordat die vrou die man glo met ʼn mes in die bors gesteek het.”

Volgens Kareli is die nooddienste en polisie ontbied. Die man is op die toneel dood verklaar. Kareli het gesê die vrou het glo ná die moord van die toneel gevlug en is later by haar suster se huis, ook in Rocklands, in hegtenis geneem.

Die verdagte sal binnekort in die Bloemfontein-landdroshof verskyn op aanklag van moord. Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om sers. Morena Machalotsa te kontak by 071 629 5819.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Peet Schabort ·

Dan dink “Gun Free SA” dat net vuurwapens gevaarlik is.

Treurgrond ·

Partykeer sit ek net en wonder hoe ons land verander het in die afgelope jaar – wat gaan aan met onse mense – dit raak net scarier en scarier…………………….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.