Vrou (27) byt ‘verkragter’ se tong byna heeltemal af

Argieffoto

ʼn 27-jarige vrou van Bloemfontein in die Vrystaat het glo Vrydagmiddag ʼn beweerde verkragter se tong byna heeltemal afgebyt kort voordat hy haar met ʼn mes aangeval, verkrag en toe van die toneel gevlug het.

Die polisie in Bloemfontein het Vrydagmiddag ʼn landswye soektog na die beweerde verkragter van stapel gestuur wat waarskynlik binnekort vir mediese hulp by ʼn hospitaal sal aanklop.

Sers. Ikobeng Hlubi, woordvoerder van die polisie, sê die voorval het in die Chris Hani-buurt in dié stad plaasgevind.

Hlubi sê die verdagte het glo gedwonge toegang tot die vrou se huis verkry voordat hy haar in haar slaapkamer oorval het. “Die slagoffer het wakker geword van die stem van ʼn man wat haar beveel het om haar klere uit te trek,” sê sy. “Toe sy weier, het hy haar aangerand en met ʼn mes gedreig. Die verdagte het haar toe met geweld gesoen waartydens die slagoffer die man se tong afgebyt het.”

Sy sê die verdagte was nie hierdeur van stryk gebring nie, en het hierna die 27-jarige met die mes gesteek en haar verkrag. Volgens haar het die man eers later, nadat hy haar klaar verkrag het, van die toneel gevlug. “Die polisie is dringend op soek na hierdie verdagte wat binnekort vir hulp by ʼn hospitaal sal aanklop,” sê sy. “Hy is Vrydag vinnig opgemerk by ʼn staatshospitaal, maar kon daarin slaag om te vlug voordat die polisie hom kon vastrek.”

Enigiemand wat dié man by ʼn hospitaal gewaar word versoek om dringend met die polisie in verbinding te tree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Buitstander ·

Dalk trek SAPD die kimeneel nog vas na sy tong gebyt is.
Die vrou was bravo om dy tong te byt.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.