Vrou, 3 kinders en toeris sterf op N2

Die Etios en Caravelle was in ’n trompop botsing op die N2 buite Knysna in George se rigting betrokke. Foto: Verskaf

Vyf mense, onder wie drie kinders, is dood in ʼn trompopbotsing op die N2 in die Suid-Kaap.

Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof, sê die ongeluk het Dinsdag omstreeks 12:00 gebeur toe ʼn Toyota Etios en ʼn Volkswagen Caravelle op die Swartvleibrug naby Knysna gebots het.

Hy sê beamptes op die toneel sê al vier insittendes van die Etios – ʼn vrou en drie kinders (onderskeidelik nagenoeg 3, 4 en 11 jaar oud) – is op slag dood asook ʼn vroulike insittende van die minibus wat as ʼn toeris uitgeken is. Dis nog nie bekend van waar sy was nie.

Die nasionale pad is tans in albei rigtings gesluit en ʼn stop-ry-stelsel is in werking gestel terwyl paramedici die oorledenes uit die wrak van die Etios probeer verwyder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Koos de Meyer. ·

Kyk maar mooi,dubbel wit lyne. Onskuldige mense sterf daagliks onnodig.

Jos ·

Daai dubbel lyne sê vir sommige bestuuders niks, veral busse en taxis is skuldig aan dit,

Ellisras ·

Ek sien niks van spoed nie. Wat ek wel sien is dat iemand aan die verkeerde kant van ‘n dubbel lyn is. Twee motors teen 60 gee dieselfde effek as ‘n enkel motor wat teen ‘n blok beton teen 120 bots.

ulinda ·

beslis het iemand weer nie die pad se reëls gevolg
deesdae steur niemand hulle aan ‘n solid line
iewers sit ‘n pappa en man en treur, hoe sal hy tog die stukke optel
Sterkte aan die gesinne betrokke
baie tragies en dit omdat jy haastig is…
RIV

Grens ·

SPOED lyk nie na die rede hiervoor nie maar wel iemand in die verkeerde baan.

Minta ·

Ons het Desember die N2 gery, nagmerrie. So jammer vir oorledenes se familie.

DS ·

Padreels en wette soos soliede witlyn, noodbane, stopstrate, rooi verkeersligte beteken in ons nuwe Suid-Afrika niks. Net vanoggend weer ervaar. Staan by rooilig en wag toe Mnr Idioot Taxidrywer met spoed verby jaag (ja ek weet dis nie ‘n besige interseksie nie maar rooilig beteken tog staan stil en wag vir groenlig) en nog vir my toeter druk ook! Ek het maar net my kop geskud want by volgende robot het ek reg agter die idioot gestop. Wat het jy behaal behalwe om ander mense se lewens in gevaar te stel en voor my by die volgende robot te wees. 5 of 10 minute later omdat jy nie onverskillig ry nie kan jou en ander se lewens red.

Johan ·

Stem saam. Laat mens se woede oorkook, maar hoekom sien ons weinig verkeersbeamptes by interseksies nie of geniet hulle eerder die kantooratmosfeer. En hulle moet nie in voertuie parkeer nie stap eerder beat soos in die dae wat ons vroeër geken het!

Jan Alleman ·

Wat ek op die foto sien is ‘n allemintige slaggat wat die hele linkerbaan versper. Myns insiens het die motor bestuurder daarvoor uitgeswaai sonder om die aankomende verkeer te sien. So, wie dra dan die meeste skuld?

Francois ·

Jan in die Weskaap gooi die Nooddienste sand op die olie en brandstof wat uitlek uit die wrakke om besoedeling te beperk, verseker nie ń slaggat nie.

Johan ·

Net jammer niemand volg op om die pad behoorlik skoon te maak nie. Olie/sand en reën is moeilikheid. Hoop iemand wil vir mnr Kenny Africa, provinsiale hoof van verkeer in die Wes-Kaap hierop attent maak.

Tanja ·

Dis beslis nie n slaggat nie, die N2 hier by ons is in baie goeie kondisie. En die ongeluk was buite Sedgefield, beslis nie buite Knysna nie. Knysna is amper 30km van die ongelukstoneel.

Thomas ·

Ai mense. Ons weet nie wat gebeur het nie. So hou op spekuleer. Selfs die beste bestuurders kan in ‘n ongeluk betrokke raak vir verskeie redes, en sonder dat dit jou skuld is. As jy dit nie verstaan nie wag daar net dalk ‘n verassing op jou….

Mariaan ·

Dis so hartseer…wonder of die vrou en 3 kinders van 1 gesin is…dis tragies! Gebede vir die families….ai

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.