Vrou (37) sterf in tref-en-trap-ongeluk

Argieffoto

Die polisie in Kimberley in die Noord-Kaap het Sondag ʼn ondersoek van stapel gestuur nadat ʼn 37-jarige vrou van dié provinsie dood is ná ʼn tref-en-trap-ongeluk.

Kapt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, het die vrou as Judith Khonza geïdentifiseer.

Volgens Kock wou Khonza die pad oorsteek toe ʼn voertuig haar raakgery het. “Die motoris het van die toneel weggejaag en Khonza is op die toneel dood,” sê hy.

Hy sê die polisie het in dié stadium geen leidrade oor die motoris of die voertuig wat in die voorval betrokke was nie.

Die polisie versoek enigiemand met meer inligting oor die voorval om met adjudant-offisier Kenneth Lamoen in verbinding te tree deur hom by 082 302 0407 te skakel of ʼn anonieme SMS na 32211 te stuur.

Kock sê alle inligting sal as vertroulik hanteer word. ʼn Ondersoek na die voorval duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Cyril Blackburn ·

Dagsê Koos
Dankie vir jou kommentaar! Ons vra om verskoning vir die flater – die berig is reeds gewysig.
Groetnis
Cyril nms Maroela Media

Francois Joubert ·

Dit is ook nie rem merke nie maar wel ‘n ‘burn out’ vanaf stilstaan.

Sarel Strydom ·

Lyk vir my die sort misdaad neem ook toe want niemand skrik meer vir die straf nie.

jennefer ·

Vriende het enorme emosionele, finansiele en gesondheids probleme nadat n persoon voor hul voertuig ingehardloop het. Lyk my daar is nie meer n Daantjie Kat wat skole besoek nie. Hier in die dorp loop mense oor die straat terwyl die lig groen is vir verkeer, as jy toet kyk hul n mens uitdagend aan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.