Vrou (45) neem glo eie lewe by Pta-winkelsentrum

Argieffoto

ʼn 45-jarige vrou is dood toe sy Woensdagmiddag na bewering selfmoord gepleeg het deur van die sesde vlak van die Menlyn Park-winkelsentrum in Pretoria te spring.

Kapt. Anton Breedt, woordvoerder van die polisie, het die voorval bevestig.

Breedt sê die polisie is Woensdag ná 15:00 deur ʼn veiligheidswag na die toneel ontbied. Volgens hom het die veiligheidswag opgemerk dat die vrou van die gebou af wou spring, en daarin geslaag om haar aanvanklik te oorreed om nié te spring nie.

“Die veiligheidswag was oortuig dat die vrou ná die eerste poging nié sou spring nie. Hy het net begin loop toe die vrou van die gebou af gespring het en het toe onmiddellik die polisie na die toneel ontbied. Volgens ons inligting het sy van die sesde vloer van die winkelsentrum afgespring en sy is op die toneel dood,” sê hy.

Hy sê ʼn geregtelike doodsondersoek word tans gedoen.

Die Menlyn Park-winkelsentrum het Donderdag op navraag aan Maroela Media gesê die sentrum wil nie in dié stadium kommentaar lewer nie en wag vir die ondersoek om afgehandel te word en die polisie se goedkeuring voordat hulle amptelik met hul klante en die media korrespondeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Maddie ·

Sies tog, ek dink daardie wag blameer homself ook daarvoor. Maar weet verseker, sy het ‘n kans gevat dat hy sou loop, en as hy nie sou loop nie, sou sy in elk geval gespring het as iemand te naby aan haar gekom het. Haar besluit was geneem en niemand kan blameer word nie. Dis ‘n verskriklike ding om oor te kom en my hart gaan uit na haar familie en vriende.

weet nie ·

Die sin kan een van twee kante toe gaan… Of hy het skaars begin loop toe besluit die vrou om te spring of toe hy sien die vrou begin spring het hy begin wegloop….

James ·

Ai Marianne, dit is so bitter jammer jy was nie daar om die situasie korrek te hanteer nie.

RIV ·

Los die veiligheidswag uit, hy is nie verantwoordelik vir ‘n persoon wat homself of haarself om die lewe wil bring nie. Hy is nie ‘n psigiater of ‘n sielkundige of ‘n onderhandelaar nie. DALK moet dit liewer nie moontlik gemaak word vir mense om van die dak af te spring nie as wat die sekuriteitswag nou weer die skuld moet dra vir ‘n selfmoord. RIV .. weet nie wat haar probleem was nie, maar dit is nou oor, sy rus nou. Sterkte aan haar familie.

Ongelooflik ·

RIV? Waar val jy uit? Niemand het nou enige iets oor die wag gesê nie? Waarom is jy so aanvallerig? Presies soos jy hier bo sê, jy weet nie wat haar probleem was nie en nie een van ons weet nie, so dus kan nie een van ons regtig kommentaar lewer nie!

Ruby ·

Maar niemand hou hom mos verantwoordelik nie! En nee, niemand het ook verwag van hom om psigiater of onderhandelaar te wees nie, hy wou net help.

Ai tog.

Baie sterkte aan die familie.

Amanda ·

Ongelooflik en Ruby ek neem aan kommentare is uitgevee waarop RIV reageer. Daar staan ‘8 kommentare’ maar ek tel net 5.

thelsa ·

Ek neem aan dit sal van die 6e vlak (Parkeerarea) gewees het. Die winkelsentrum self het nie 6 vlakke (verdiepings) nie

Tammy ·

Selfmoord is so sleg en onnodig. Is daar werklik probleme wat nie opgelos kan word nie. Ons almal ken seker iemand wat jy kan vertrou en met wie jy kan praat en n gewillige oor kan die las ligter maak. Moenie selfmoord oorweeg nie..iewers is iemand wat omgee.

n ·

@ Tammy, duidelik was jy nog nie op daardie stadium in die lewe wat jy voel dis al uitweg nie. Moenie oordeel as jy nie ‘n benul het nie asb.

Lientjie ·

Mense se vermoe om te “coup” of te “deal” met sekere goed is nie almal dieselfde nie. Sommige mense kan daar deur werk en ander kan weer nie al kry hulle watse hulp! Ek se weer iemand wat selfmoord pleeg is “guts.

SELF ·

Die emosionele pyn waarin jy is is so erg wanneer jy so iets doen dat jy nie eers dink dat die hel kan erger wees nie. Al het hulle haar gestop sou sy weer probeer het. Die seer raak net te erg

wiebo ·

@ Tammy-jy weet nie waarvan jy praat nie. Daardie iemand wat omgee kan sweet blow all doen aan probleme. Laat die vrou rus. Al is daar n 100 mense wat omgee en lief is vir jou beteken niks. Daardie mense kan nie jou probleme oplos nie. Selfmoord is n goeie uitweg………….

Francie ·

Amanda, jy is 100% reg: jy is gelukkig as jou reaksie wel geplaas word.
Ek vind dat dit só gereeld met myne gebeur dat ek glad nie eers meer deelneem met kommentaar nie.
Ruby, jammer, nou is jy ook ‘n slagoffer!
Dit sal interessant wees om te sien of hierdie skrywe wel geplaas word.

Pistons ·

Dis tragies dat mense voel selfmoord is die enigste manier. Ek was al daar, en hulle se dit vat guts om die sneller te trek… glad nie, dis n 5 mm trek van n sneller. Dit vat wel guts om NIE daai sneller te trek en jou lewe reg te ruk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.