Vrou (50) in huis geskiet

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

ʼn 50-jarige vrou het ernstige beserings opgedoen toe sy by haar huis in Malvern in Queensburgh aan die Suidkus in die maag geskiet is.

Lt.kol. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, het Donderdag aan Maroela Media gesê die vrou is Woensdag omstreeks 20:30 deur onbekende verdagtes in haar huis in Parkstraat oorval en geskiet.

Paramedici van Rescue Care Paramedics het die vrou op die toneel gestabiliseer en met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

“Die motief vir die aanval is in dié stadium onbekend en word ondersoek. Die Malvern-polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie,” het Zwane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.