Vrou (51) sit lank ná miljoene rande bedrog

finansies-geld-sente-rand-beleggings

Foto: Stevepb/Pixabay.com

ʼn Vrou (51) is tot 16 jaar effektiewe tronkstraf gevonnis vir bedrog en geldwassery.

Norma Elizabeth Florentino is 31 Augustus in die Bellvillehof vir handelsmisdade gevonnis.

Die Valke se eenheid vir handelsmisdaad het haar in 2015 in hegtenis geneem vir oortredings wat sy tussen 13 April 2013 en 27 Mei 2015 gepleeg het terwyl sy as debiteureklerk by Graphics Supply World in Kaapstad gewerk het.

Kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Valke, het gesê Florentino het vervalste fakture in die onderneming se naam uitgestuur en haar persoonlike bankrekeningnommer aangeheg. “Die skade beloop sowat R12 500 000,” het Ramovha gesê.

Florentino het tereggestaan op 234 klagtes van bedrog en geldwassery. Volgens Ramovha het sy R219 909,51 aan die staat oorbetaal en R5,9 miljoen aan die maatskappy terugbetaal voor die vonnisooreenkoms.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Swanna ·

Maar hoekom sit net sekere mense na so ‘n saak maar die wat in die regering is wat erger bedrog pleeg word net verskuif van een departement na ‘n ander. Weereens dubbele standaarde. Nou word sy mos gestraf vir al die ander se dade. Sy is mos nie deel van Zumpie se “Crowd” nie. “GA”

Chris Ws ·

Sy het haar president en sy comrades se voorbeeld gevolg.Hoe dan anders?

Helene. Smuts ·

Watter verpligte velde laat ek uit.? Ek doen alles wat gwvra word

Petro ·

Dit is reg dat sy gestraf word dit sal haar voldende keer 2 keer laat dink voor sy weer so iets doen maar wat van Zuma en sy maatjies waneer gaan sit hulle die lys is net te lank om almal se name te noem

Dalene de Vente ·

Dagsê Johan

Dankie vir jou valkoog! Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Dalene
nms. Maroela Media

Chevy ·

Vrou kry 16 jaar tronkstraf vir 234 klagtes.
Zuma kry 0 jaar tronkstraf vir 7honderd en 8 tig 24 klagtes

Kaspaas ·

Jip Chevy, hoe lekker lag Ek nou, maar eintlik is dit lankal nie meer n’ grap nie ):

Anoniem ·

Sy het haar roeping tot Zuma se ministerie gemis! Foeitog!

Deon ·

And it only get’s better….. wonder waar, definitief nie hier nie en nie vir ons nie.

Toppie ·

Verskil tussen die vrou se vervolging en tronkstraf teenoor Zuma se nie vervolging is in die kleur

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.