Vrou (53) ernstig beseer in trekker-ongeluk

Argieffoto

ʼn 53-jarige vrou van Greytown in KwaZulu-Natal het Vrydagmiddag ernstige beserings aan haar bene opgedoen toe sy na bewering van ʼn trekker “afgeval” het.

Die vrou is glo deur werkers en gesinslede na ʼn dokterspreekkamer in die nabye omgewing gehaas.

Ineke van Huyssteen, ER24-woordvoerder, sê nooddienste is na die spreekkamer ontbied waar die vrou glo in ʼn ernstige toestand was.

Van Huyssteen sê die vrou is na die Mediclinic in Pietermaritzburg vervoer vir dringende mediese sorg.

Volgens mediaberigte het die vrou haar bene beseer weens die trekker se meganiese toestelle.

Nooddienste kon teen Saterdagmiddag egter nog nie klarigheid gee oor presies wat gebeur het nie. Die vrou word steeds in die hospitaal behandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

'n Vermoede ·

Ek vermoed dat die kragaftakker (PTO=power take off) haar klere ‘gegryp’ het en sodoende opgewen het dat sy daardeur ernstige beenbeserings opgedoen het. Sy het dus nie afgeval van die trekker, veral as die berig melding maak van ‘meganiese toestelle’ wat heel moontlik aandui dat sy nie onder die wiel(e) beland het.

Ashley ·

Regtig!! Is daar enige berig in julle blad buiten moordslag, dood, botsings, en al daardie nare lees “genot”? Julle klink soos n yslike grafsteen. Beur tog op, vaderland!!!

Vaal Seun ·

Ashley dit wil voorkom asof jy nou kop in die sand volstruis wil wees. Dit gebeur daagliks om ons en daarom word daaroor berig of is die vloede in KZN ook “nare lees genot?”Miskien is Bollie en Krabel meer gemoedelike leesstof.

Vaal Seun ·

Ashley jy klink soos kop in die sand volstruis.Hiedie gebeur daagliks en daarom word daaroor verslag gegee of daaroor berig of is die vloede in KZN ook “nare lees genot?” Miskien is Bollie en Krabbel meer gemoedelike leesstof.

SARIE VAN HEERDEN ·

Spesiaal vir Ashley wat kla oor gedurige slegte nuus. My mannetjieskat het gisteraand 4 kleintjies gehad. Stuur aan vir belangstellendes.,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.