Vrou (53) in Vrystaat vermis

Rita Hawkins (Foto: SAPD)

Die polisie op Parys in die Vrystaat het ’n soektog van stapel gestuur nadat ’n 53-jarige vrou as vermis aangemeld is.

Rita Hawkins van Bellville in die Wes-Kaap het by familie in Parys gekuier voordat sy Woensdag as vermis aangemeld is.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, sê Hawkins is Woensdagoggend omstreeks 10:50 vir die laaste keer op die hoek van Grens- en Breëstraat in die dorp gesien toe sy kaalvoet in die rigting van die Vaalrivier gehardloop het.

Hawkins is na wat verneem word verstandelik gestremd.

Sy was kaalvoet en het ’n swart hemp en ’n swart broek met wit kolle aangehad ten tyde van haar verdwyning.

Enigiemand met inligting oor waar Hawkins haar bevind, word versoek om die stasiebevelvoerder, lt.kol. Jacques de Vos, by 071 675 9311 of die misdaadstopnommer by 08600 10111 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.