Vrou (59) verjaag aanvallers met wapen

Argieffoto

ʼn 59-jarige vrou het Vrydagaand aanvallers buite haar huis met ʼn vuurwapen verjaag.

Kol. Mtsholi Bhembe, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 20:00 by haar huis in Rivulets, Schagen, sowat 15 km buite Nelspruit in Mpumalanga plaasgevind.

Die vrou was glo alleen in die huis besig om te slaap toe sy van ʼn geluid wakker geword het en ondersoek gaan instel het.

Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, het aan Maroela Media gesê die aanvallers het ʼn venster van die huis gebreek.

Die vrou het tussen drie en vier aanvallers gewaar toe sy gaan ondersoek instel het en die verdagtes het toe glo op haar losgebrand.

“Sy het terug geskiet en die verdagtes het gevlug. Daar is bloed op die toneel aangetref – sy is nie geskiet nie so dit beteken dus óf hulle het hulself gesny toe hulle die venster gebreek het óf sy moes een van hulle gewond het.”

Die polisie ondersoek ʼn saak van huisbraak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Anoniem ·

Wat soek hulle daar, hulle was nie vir die braai genooi nie ! Mooi Mevrou ! Wees paraat, hulle kom WEER terug !

Piet ·

Sy was paraat met haar vuurwapen op haar soos dit hoor as almal so paraat is sal daar baie minder moord en aanrandings wees wan hulle is lafaards as die skote klap dan vlug hulle boere op plase neem notisie wapens nie in kluis maar by jou mooi gedoen vrou geen skrapie opgedoen nie want wapen was onmidillik byderhand dat kon soveel moorde al voorkom gewees het as mense hul wapens byderhand gehad het ek slaap met myne by my

Grysburger Pretoria ·

Die dame het duidelik goed gevaar as verdediger. Haar wapen was by haar en nie “veilig” in ‘n kluis nie. Lyk ook nie of sy onsinnige “waarskuwingsskote” afgevuur het nie. Puik gedoen, hoop dit is ‘n inspirasie vir ander.

Die Stem ·

Dis mooi.
Al meer mense is gereed vir hulle.
Bly paraat en beinvloed ander ook om gereed te wees.

julius ·

Ondersoek ‘n saak van huisbraak? Wat van poging tot moord, hulle het eerste op haar geskiet.

Elle ·

Ek stem volmondig saam dis poging tot moord! So bly sy was opgewasse teen die waarskynlike moordenaars. Paraat!

Johan ·

So word alles versag. Dit sal my nie verbaas as die ‘rowers’ n saak teen die vrou gaan maak vir poging tot moord en sy volgende week in die tjoekie sit nie, maar as dit gebeur sal ons nie daarvan weet nie, hulle hou dit tjoepstil.

James ·

HUISBRAAK???? POGING TOT MOORD. Anders kan ek ook mos in breuk en net skiet. Hell man hulle het op haar geskiet. Watse huis roof……..!!!!!!!!

Anita ·

Bravo! As die skote klap en die bordjies verhang is, dan hardloop die gemiddeld 4 tot 5 aanvallers.
Skoot vir skoot is dit al bewys dat so ‘n oormag lafaards dan loshande oor heinings spring en vlug.
Nogmaals, bravo.
Mag dié parate reaksie sommer die norm word.

Penellope Jones ·

Tannie ek is bly jy het betyds wakker geword en ek is baie trots op jou

Oom Kalahari ·

Pragtige en uutstekende handeling en vinnige optrede het jou lewe gespaar Mevrou. Hul intensies is duister, maar as vrou alleen kan mens net spekuleer dat jy dalk of moontlik ‘n slagoffer van verkragting en of vermoor en beroof kon gewees het. Hierdie is nie net toevallige inbraak nie, maar inligting van binne wat gelek het dat die vrou alleen tuis is en as ‘n maklike teiken beskou is. Mevrou dalk kan jy betrokke raak om die ander boer vroue te help tot verdediging van hulself.
Hoop van harte jy het een gewond dat hy die pyn voel wat vir jou bedoel was, want hul modus operandi is niks anders as vuurwapen en voertuig roof/diefstal, verkragting, moord, wreedheids mishandeling en ontneming van basiese menseregte. Jou goeie verdedigings tegniek het jou lewe gered van hierdie misdadigers.

aj ·

Bewapen en verdedig jou sélf!

Niemand anders gaan dit doen nie!

En bou netwerke met bure om hulp te vra in noodsituasies!

TLC ·

Mev
Jy verdien n bells
Ek ken jou nie maar ek is vrek trots op jou
Hoop net nie hul het jou “mama”aangespreek nie
En hoop ook nie jy gaan hul gou vergewe nie
Gelukkig is niemand deur hul heupe geskiet nie
Sterkte en bly die voorbeeld wat jy vir almal hier stel

Cherokee ·

Toe..toe..toe! Julle skort in komplimente vir die vroumens! Vroumens, ek wens ons land was besaai met jòu soort! Pragtig en mag jy geseënd wees.

jan Kaap ·

“sy is nie geskiet nie” moet eerder wees “sy is nie raakgeskiet nie

Marianne Lotter ·

Dis fantastiese nuus! Eks super trots op haar reaksie en teenwoordigheid van gees.

Elsa ·

Dis goeie nuus! Mevrou, jy is ‘n dapper vrou en ek is dankbaar dat hierdie boosaards se planne nie geslaag het nie. Mag jy nooit onverhoeds betrap word nie en ek hoop daar is nooit nie weer ‘n herhaling nie.

Hannes ·

Die waarde van n vuurwapen in n bevoegde hand,heeltyd aan jou sy weereens hier bewys..Die dame moet egter nie haar waaksaamheid verslap nie..!

kiewiet ·

Dis wat ek nog heeltyd se. In vuurwapen wat in die kluis toegesluit is beteken niks vir jou nie. Dra hom by jou Dag en Nag jy gaan hom nodig kry want jy bly in SA.

Muffin ·

Ek hoop ook hy is gewond want dan moet hy iewers by n hospitaalhospitaal gaan hulp soek en so aangekeer word.

GP ·

Bly meer mense dra wapens saam. Net onthou om gereeld te oefen.

Regtig ·

Wel die klagtes moet eintlik wees Huisbraak en Poging tot Moord aangesien hulle op haar losgebrand het….!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.