ʼn 60-jarige vrou is Vrydag aangeval en erg mishandel tydens ʼn plaasaanval op Kalbasfontein tussen Fochville en Westonaria in Gauteng.
Kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, sê die vrou is na bewering deur drie aanvallers met ʼn skerp voorwerp gesteek en met elektriese gereedskap gemartel. Haar hond is ook tydens die voorval geskiet.
Sy is volgens gerugte ook vasgebind en eers etlike ure later opgespoor.
Die verdagtes het gevlug met die vrou se handwapen en voertuig. Die verlate voertuig is later, slegs een kilometer van die plaas se hek, opgespoor.
Die polisie ondersoek die saak en Dlamini het enigiemand met inligting versoek om die polisie te kontak.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
40 Kommentare
En dan moet ons glo dit was huisroof!
Die misdaad op wittes raak al hoe erger en dit lyk of die regering dit toe smeer. Iewers sal iets moet gebeur want ons wit mense raak dalk ‘n bedreigde spesie. As ons nie al klaar is nie
Dit is nou rase haat
Dit KAN mos nie so aanhou nie! Of is dit juis die begin van die einde? Gewetenlose volksmoord onder die ANC se anargie!
Definitiewe aanval teen blankes. Lyk ook of hulle meer in wapens belangstel.