Die polisie in Groblershoop in die Noord-Kaap ondersoek ʼn saak van moord nadat die liggaam van ʼn 65-jarige vrou Dinsdag in haar huis op ʼn kleinhoewe aangetref is.
Kapt. Jacques September, woordvoerder van die polisie, sê die vrou se liggaam is Dinsdag omstreeks 14:00 in haar huis aangetref.
September kon nie bevestig wie op die vrou se liggaam afgekom het en toe die polisie ontbied het nie.
“Die vrou was vermoedelik alleen tuis. In dié stadium word daar vermoed dat sy aangerand en verwurg is,” sê hy.
Die vrou se selfoon en bankkaarte is glo in die voorval gesteel.
September sê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Hy het bevestig dat ʼn polisieondersoek voortduur.
Enigeen met meer inligting oor die voorval word versoek om sers. Willem Titus, die ondersoekbeampte, by 054 833 9320 te kontak.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
20 Kommentare
As jou grond nie onteien word nie, word jy wel vermoor! Help…….wat gaan van ons mooie land word?
Die profiel van die Noord Kaap is besig om te verander.
ek weet nie so mooi nie. die stories oor malema en groterwyl anddernd onteiening word gou verwyder terwylou afgesaagde stories bly. hoe werk dit. ek begin die onpartydigheid betwyfel
Om Julius te kwoteer. Dis rassisme en rassisties gedrewe
Angswekkend.