Die polisie in Groblershoop in die Noord-Kaap ondersoek ʼn saak van moord nadat die liggaam van ʼn 65-jarige vrou Dinsdag in haar huis op ʼn kleinhoewe aangetref is.
Kapt. Jacques September, woordvoerder van die polisie, sê die vrou se liggaam is Dinsdag omstreeks 14:00 in haar huis aangetref.
September kon nie bevestig wie op die vrou se liggaam afgekom het en toe die polisie ontbied het nie.
“Die vrou was vermoedelik alleen tuis. In dié stadium word daar vermoed dat sy aangerand en verwurg is,” sê hy.
Die vrou se selfoon en bankkaarte is glo in die voorval gesteel.
September sê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Hy het bevestig dat ʼn polisieondersoek voortduur.
Enigeen met meer inligting oor die voorval word versoek om sers. Willem Titus, die ondersoekbeampte, by 054 833 9320 te kontak.
As jou grond nie onteien word nie, word jy wel vermoor! Help…….wat gaan van ons mooie land word?
Dis nou regtig tyd om oor selfbeskikking met alle belanghebbendes te onderhandel, plaaslik en internasionaal. Die ANC pleeg genocide en selfbeskikking is enigste uitweg.
Sê dit vir Afriforum. Hulle glo nog in handjies vat met die ANC…
Die profiel van die Noord Kaap is besig om te verander.
ek weet nie so mooi nie. die stories oor malema en groterwyl anddernd onteiening word gou verwyder terwylou afgesaagde stories bly. hoe werk dit. ek begin die onpartydigheid betwyfel
Om Julius te kwoteer. Dis rassisme en rassisties gedrewe
Angswekkend.
Ek se weer een Boer of Boer vrou een mini bus.
Sê dit vir Afriforum… Tragies!
So wat gaan ons doen? Nog ‘n petisie teken?
Ons gaan ons eie land voor onderhandel.
Die mense van die platteland in sommige omgewings is onder die indruk dat hulle nog veilig is. Ongelukkig is daar geen enkele plek in ons land waar dit meer veilig is nie al is dit ook hoe afgeleë. My hare staan soms regop van ontsteltenis as ek sien hoe onveilig mense op veral kleinhoewes en plase soms nog bly. Dit is asof die situasie in die land nog nie deurgedring het tot almal nie. Ek dink die feit dat die hoofstroommedia die probleme doodswyg dra ook hiertoe by.
Ek dink dit is eerder ‘n kwessie van meeste van daardie mense is nie baie op sosiale media, lees nuus nie, ens. Hulle dink alles is nog soos 10 jaar of langer gelede. Intussen raak dit al hoe erger, oral.
Stem saam dat die N/Kaap se profiel aan te verander is . Dit is ook so dat mense hier dalk nie so paraat is nie , maar !: dit is elke burger se reg om sorgeloos te lewe . Die NP-regering skuil agter die verskoning dat die land in n bloedbad sou verander , sou hulle nie die pad van hervorming (oorgee) gevolg het nie. Wat gebeur nou in die land ? Sal nie help ons verwyt nie , maar dit is die tipe van ding , waarteen die sg “verkrampte regse” partye teen gewaarsku het.
Hoekom dink mense Afriforum moet alles reg maak?
En dan mariana, is dit boonop gewoonlik nie-lede wat geen bydrae maak maar eise stel. Presies net soos die plakkers wat stadsrade boikot vir dienste sonder om self te betaal.
as hulle grond en eiendomme wil onteien moet hul sommer begin by die president en sy familie
Word n lid van Afriforum en betaal vir die diens wat julle wil he hulle moet lewer
Al hierdie onsinnige moorde moet na ramaphosa gestuur word….iewer moet die man agslaan en terugvoer gee, … dis kos ons almal om heeltyd sekuriteitsveiligheid aan te bring en tog kom die kriminele deur….STOP STOP STOP… parlement MOET nou optree
HET plekkie naby die persoon .Dit is n kleurling vrou .
Dit maak nie meer saak wie of wat nie oud jonk wit swart kleurling moor moor moor .Moor maar jy sal vry loop maar pasop as jy wit is dan gaan hulle vir jou kom.