Vrou (65) op staproete aangeval, beroof

Argieffoto (Foto: stevepb, Pixabay)

ʼn 65-jarige vrou is Vrydagmiddag met ʼn mes aangeval op die Chapmanspiek-staproete in die Wes-Kaap.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig die vrou was alleen toe een persoon haar vermoedelik aangeval en met ʼn mes gesteek het.

“Die vrou is van haar motorsleutel beroof,” het Rwexana gesê.

Alhoewel Rwexana nie onmiddellik die omvang van die vrou se beserings kon bevestig nie, kon sy wel bevestig dat die vrou na ʼn mediese fasiliteit gehaas is.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ʼn Saak van rooftog met ʼn aanvalswapen word ondersoek.

Rwexana het gesê die polisie is tans besig om leidrade op te volg in verband met die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Andries Visagie ·

Ons weet almal dit behoort nie so te wees dat ‘n mens nêrens meer veilig is nie, maar dit was nog nooit slim om alleen te gaan stap nie, nie net vir die misdaadgevaar nie.

Casper Labuschagne ·

Van hoek tot kant en selfs alleen bo-op die berge, is Suid Afrika een groot nes van geweldadige misdaad.

BB ·

Roof met n aanvalswapen??? Sal eerder se dis poging tot moord!!!! Jy steek nie iemand met n mes om te speel nie, rede daarvoor is om die persoon te dood!!!!

Penellope Jones ·

NERENS is mens veilig nie, NERENS.
Kriminele het die oorhand, doen wat hulle wil, wanneer hulle wil, hoe hulle wil, aan wie hulle wil.
Dis maklik met ‘n regering wat nie regtig omgee behalwe vir hul eie ek nie.

HPV ·

Almal weet die land is hool van misdaad, waarom dan alleen en ongewapen op staproetes gaan? Waarsku alle toeriste dat hulle hulself in ‘n helhool bevind waar 50 mense per dag vermoor word en ons tel voort.

Dawie ·

Definitief poging tot moord en roof met verswarende omstandidhede.

Hanna ·

It’s sad that one is not safe on walking trails, but this is common knowledge, why did the lady walk alone??? I hope she is not gravely harmed, I hope she will recover for the ordeal YET I HOPE OTHERS LEARN FROM HER EXPERIENCE

Johann M van Heerden ·

Hoekom moet ons leer. Ons regte vir ‘n veilige omgewing word ons ontneem. Die mense wat moet kennis neem is die regering.

Andre ·

Waar kom al die nuwe misdade vandaan ? Roof met n aanvalswapen ? Lees die definisie van Roof.

humor ·

Ek kan dit net nie glo dat sy in hierdie land dit durf nog waag om alleen te gaan stap. Miskien moet iemand die moeite doen om haar te besoek en aanbeveel om gereeld Maroela Medium te lees, want sy verkeer duidelik in onkunde

PJC ·

Al hierdie staproetes in die skiereiland en spesifiek die Tafelberg omgewing is berug vir die aanvalle op selfs groepe mense so dit maak geen sin dat ń 65-jarige alleen daar gaan stap nie. Sy moet of baie oningelig of baie dom wees.

Niklaas ·

Dis absoluut dom om alleen te gaan stap. Ek as man sal nie eers gewapen so iets oorweeg nie , want kriminele is orals en as jy jou wapen gebruik sal daar net teveel probleme met die geregsdienaars wag op jou. Gaan eerder in ‘n groep, dan word jul uitgelos (hopelik)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.