Vrou (65) sterf ná honde haar glo pak

Argieffoto (Foto: Pixabay)

ʼn 65-jarige huiswerker van Secunda, Mpumalanga, is Saterdag dood nadat ses honde haar glo by haar werkgewer se huis aangeval het. Die polisie het haar as Tryphinah Elizabeth Mngomezulu geïdentifiseer.

Haar werkgewers, wat tydens die voorval nie tuis was nie, het Mngomezulu se lewelose liggaam in die erf aangetref en die polisie en nooddienswerkers ontbied. Paramedici het Mngomezulu op die toneel dood verklaar, sê kol. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder.

Die polisie het onder meer beslag gelê op kringtelevisiebeeldmateriaal wat by die ondersoek ingesluit sal word.

“Die DBV is reeds genader en die inligting wat die ondersoekers ontvang het, is dat die betrokke honde wat glo die vrou aangeval en doodgemaak het, reeds Sondag uitgesit is,” sê Mdhluli.

Die polisie het nie aangedui watter ras die honde was nie.

ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen.

Die provinsiale kommissaris van die polisie in Mpumalanga, lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela, het Mngomezulu se familie die versekering gegee dat die voorval en die omstandighede wat moontlik daartoe aanleiding gegee het, behoorlik ondersoek sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Retha ·

Die honde het die eiendom beskerm! Die werker en eienaar moes van beter geweet het en reelings getref het sodat hulle tuis was om haar in die huis in te vergesel. Om honde net uit te sit omdat hulle hulle werk doen is moord!!!!!

Onnie ·

6 Groothonde op 1 erf is uiters gevaarlik, selfs 2 is ‘n gevaar, omdat honde “pack animals” is. Sover ek kan onthou was daar vroeëer jare ‘n beperking op hoeveel diere jy op jou erf mag aanhou. Ek voel 6 groothonde is moeilikheid soek. Die eienaar moes van beter geweet het.

Casper ·

Dit is sekerlik nie ‘n manier hoe enige iemand sal wil sterf nie.Hoelank werk sy al daar,het hulle haar aangeval toe sy die perseel betreë het of was sy reeds op die perseel toe sy aangeval is.Wat ook die geval is dit is hartseer.Miskien het die honde net beskermend opggetreë,maar hulle is van kant gemaak.

Dawid Jakobus ·

Ai dis jammerte om te hoor,maar ek vra of eienaar haar gewaarsku het om nie buite te gaan nie en of sy aspris om buite te gaan? Dis v my seer om honne laat uitsit? Dit verstaan ek nie

Kuver ·

Douglas regtig ne, hou op nonsens praat dit kon enige hond gewees het

Karoo ·

Simpatie aan die vrou se Familie en Vriende, dit is voorwaar ‘n hartseer saak en wreede manier hoe sy te sterwe gekom het.

Cherokee ·

Kuver, hou op om nonsens te praat. Dougles is waarskynlik reg. Praat weer as hy verkeerd bewys word, of shutup kompleet as hy reg is.

Dandeleen ·

Kuver, hoe weet jy dit, staan dit iewers geskryf? Bly asseblief stil voordat jy ‘n ding begin.

Martie ·

Waarom word honde uitgesit as hulle iemand aanval en doodbyt? Hoekom word mense dan nie ook uitgesit as hulle moor nie?Dit was in elk geval nie die dier se motief om dood te maak nie dit was die omstandighede. Mense moor met voorbedagte rade. Ek sien daagliks hoe mense skreeu en tekere gaan as die honde agter tralies net na hulle kant toe blaf of hardloop. Dis al wat ‘n dier nodig het om jou aan te val want hy dink daar is gevaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.