Vrou (65) vermoor glo familielid

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn 65-jarige vrou van Ganyesa in Noordwes is Dinsdag in hegtenis geneem vir die beweerde moord op een van haar familielede.

Lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, sê die vrou word daarvan beskuldig dat sy haar neef op Kersdag by die Kiditwe-nedersetting in dié provinsie vermoor het.

“ʼn Rusie het glo tydens ʼn grafsteen-onthulling op Kersdag tussen die verdagte en die slagoffer ontstaan. Sy het ʼn mes gegryp en haar neef na bewering in die nek gesteek,” sê Funani.

Die 44-jarige man is op die toneel dood verklaar.

Die verdagte sal na verwagting Woensdag in die landdroshof in Ganyesa verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Johann Marx ·

Hier’s dieselfde ding as in die berig oor die kop-aan-kop ongeluk. Het hierdie persoon enigsens die uitkoms van haar dade in ag geneem terwyl sy dit gepleeg het? Wat het sy gedink gaan gebeur as jy ‘n mes gryp en ‘n ander persoon in die nek steek? Gaan hy jou dan om verskoning vra en met jou argument saamstem? Nee. Hy gaan sterf, en jy gaan tronk toe………..maar daaroor het sy nie gedink nie. Nes die persoon wat teen ‘n blinde hoogte oor ‘n soliede wit streep verbysteek….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.