Vrou (67) kritiek ná eie hond haar verskeur

Foto: Verskaf

ʼn 67-jarige vrou van Salt Rock, naby Ballito in KwaZulu-Natal, is Donderdagoggend deur een van haar eie honde aangeval toe sy met hulle gaan stap het.

Paul Herbst, woordvoerder van IPSS Medical Rescue, het aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 06:30 in ʼn park in die omgewing plaasgevind.

“Na wat verneem word, het die vrou met haar twee honde, waaronder ʼn volgroeide rottweiler, in die park gaan stap. Iets het gebeur wat daartoe aanleiding gegee het dat haar rottweiler haar wreed begin aanval het. Wat dít was, weet niemand nog nie,” het Herbst gesê.

Herbst het gesê die hond het die vrou omtrent vyf tot 10 minute lank aangeval. Haar are is beskadig en sy het ook erge skade aan die weefsel en spiere van haar arms en bene opgedoen.

“ʼn Buurman wat naby die park woon, het glo die oproer gehoor. Hy het tot die vrou se redding gekom deur die hond met sy vuurwapen dood te skiet en hulp te ontbied.”

Die vrou is deur paramedici van IPPS op die toneel behandel. Sy is in ʼn kritieke toestand na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas waar ʼn vaskulêre chirurg haar kan behandel.

Volgens Herbst is dié voorval een van die ergste hondeaanvalle wat hy al gesien het.

Dit is nie dadelik bekend of die hond ʼn teef of ʼn reun was nie. Die presiese ouderdom van die hond is ook nie bekend nie.

Lees ook: Toestand bekend van vrou (67) wat deur eie hond verskeur is

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

Skim ·

Dit is verskriklik, iets moes hom ge’trigger’ het, dit bly maar net ‘n dier. Sterkte aan die dame, ek hoop haar wonde heel vinnig en dat sy die trauma kan verwerk. Dalk kan animal behaviourists mense met aggressiewe honde help om hulle te hanteer/af te weer gedurende ‘n aanval, weet nie of daar ‘n vorm van pepersproei of skokstok of iets is wat jy kan gebruik in geval van NOOD nie, ek se nie jy moet dit op jou poodle probeer nie, ek praat van ‘n ernstige aanval soos hierdie!!

Adri ·

Ek het in my lewe geleer om maar lugtig te wees vir rottweilers, selfs al kom ek oor die algemeen baie goed oor die weg met honde.

Ronel ·

Adri. Ek voel soos jy. Ek kan by amper enige hond instap sonder om bang/ bedreig te voel, maar vir rotweilers is ek lugtig.

Liezl ·

Ek stem. Eks ‘n diereliefhebber, maar tot die dood toe bang vir ‘n rotti.

Nettie ·

Enige hond is wat die hond se eienaar hom/haar maak. M.a.w. hoe jy die hond grootmaak. Ek het nou ‘n 8 maande oue Rottweiler. En ek leer nog met haar; Rottweilers is aggressiewer as ander honde, ja. Einste “baba-hond” van my het mý al ‘n hap of twee probeer gee, maar sy het gou haar fout agtergekom! Rottweilers reageer vinniger as ander honde op ‘n “trigger” – dalk het die vrou ‘n stok/bal vir haar hond gegooi en wou sy dit afneem; ons sal nie weet nie. Dit is hartseer dat die hond doodgeskiet is. Ek het altyd my ‘stun gun’ by my en één aktivering daarvan (nie in die hond se rigting geskiet nie) is genoeg om haar te laat retireer. Sterkte aan die dame met die herstel proses!

leon pit ·

More almal ek hoop julle gaan nou die Rotweiller honde ras ook oor dieselfde kam skeer as Pitbulle. Die noodpersoneel sê self dat dit een van die ergste tonele nog was. So los die Pittys uit hulle is 5de op die lys van gevaarlike honde rasse. Rotweillers is 2de oppi lys. Sterkte aan die dame hoop sy herstel gou.

Melanie ·

Ek dink mense moet minder honde rasse klassifiseer volgens “gevaarlik of aggresief”. Selfs ‘n maltees kan erge skade aanrig. Hanteer elke voorval volgens die regte kriteria. Dit moes baie troumaties gewees het, mag die dame volkome herstel van die voorval. Jammer dat dit met u moes gebeur. Kyk na aanvalle as deur “‘n hond” gedoen, nie ‘n ras nie. Ons is Rottweiler liefhebbers en eienaars.

Ronel ·

Leon pit. Ek wag vir daai kommentare oor pitties en bull terriërs. Ons bullie is seker die liefdevolste hond wat daar is. Hy sal jou eerder oplek as wat hy jou sal opeet. B ons plaaslike dbv was al pitties gewees en amper almal was bang vir hulle. Eintlik is hulle die “misunderstood” ras van honde. Dis net omdat hulle meestal in aaklige hondegevegte gebruik word, dat daai stigma aan hulle kleef.
Ek hoop dis tannie is okay en herstel volkome van haar slegte ondervinding.

Hannelie ·

Dankie Melanie. Ons het ‘n Rottweiler en hy is liefdevol teenoor sy eienaars en sal ook nie ons besoekers “aanval” nie, maar sal ons in sekere situasies beslis beskerm. En ek stem ook saam dat énige hond kan gevaarlik of aggressief wees. Maak nie saak of hy ‘n keffertjie of ‘n groot hond is. Sterkte aan die dame ek bid vir volkome herstel.

Sw ·

Ek het n Doberman Pincher wat baie aggressief is. Wanneer ek wil gaan lê op my kant van die bed en hy is daar, dan knor hy vreeslik en wys tande. Hy het my al gebyt, gelukkig is sy tande nie skerp nie.
Ek sidder om te dink as hy ñ groot hond moes gewees het.

Lianca ·

Ek het n labrador wat vreeslik agresief is en n rotweiler wat weer ontsettwnd liefdevol is. Dit gaan oor hoe die hond grootgemaak is en sekere gebeurtenisse. My lab was aangeval en lelik seergemaak deur ander mense en daarom is hy so. Dis nie asgevolg van ras nie dis asgevolg van gebeurtenisse. Ek kani eers toelaat laat enige kinders naby die lab kom nie maar die rot was mal oor kinders en het altyd so saggies gespeel. Ek self is ook mal oor pitbulle. Die mense moet net leer om hul diere te verstaan en op te hou dink n hond is n mens se slaaf en moet net doen wat jy wil he. Hulle het ook hulle eie gevoelings

Bruno Stef ·

Het die dier nie dalk hondsdolheid onder lede gehad nie ek laat my twee Staffies elke jaar inspuit teen die siekte. Dit is tragies mense moet maar gereeld deur die VET hulle troeteldiere laat ondersoek.

Petro ·

My genade so daar is ander honde behalwe pitbulls wat mense verskeur!!!! Hopelik die pitbull haters lees die berig aandagtig!!! Ek hoop van harte dat die dame vinnig sal herstel…..baie sterkte!!!

skorra ·

1) Pitbull, 2) Boerboel, 3) Rottweiler. STATISTIEK sê …

Hondemens ·

Die berig sê die Dame is deur 2 van haar honde aangeval. 1 Was n Rottweiler…..wat was die ander hond dan?
En ons weet nie hoe was daardie honde behandel nie. En hulle bly honde (diere) wat onvoorspelbaar bly…al is ons hoe lief vir hulle. Persoonlik dink ek my Yorkie kan net soveel skade aanrig. Sterkte vir die dame en ek hoop vir volkome herstel.

WILMA ·

Hondemens lees met begrip! Die artikel maak nerens melding van 2 honde wat haar aanval.

Astrid ·

Dit bly n dier wat op natuurlike instinkte reageer. Voel baie jammer vir die tannie en haar hond, en ek glo deur die hond onmiddelik uit te sit, was die beste besluit. Dis so n hartseer storie.

Nettie ·

Lees reg: die hond is nie uitgesit nie, dit is doodgeskiet deur ‘n buurman. GROOT verskil en dit is regtig hartseer dat die hond dood is, die vrou verskeur is ens. En mense, asseblief – hou op om honderasse te etiketteer – pitbulls en Rottweilers kan net so liefdevol wees soos ‘n Chihuahua, of dalk net so aggressief soos ‘n Dachshund of Pekingese. ‘N HOND IS WAT JY AS EIENAAR VAN DAARDIE HOND MET HOM MAAK!! Punt, einde van die saak.

Lampie Meintjes ·

Net soos mense wat verskillende karakter trekke het so ook diere. Dit geld vir alle diere nie net honde nie. Sterkte vir die dame en spoedige herstel.

wilna visser ·

Die oomblik as jy dat rottweiler inteel, gaan jy met probleem sit. Honde moet ras eg wees. Jare Rottweilers, nog nooit probleem gehad

Boerboel ·

Ek wil ook net iets sê, gewoonlik lees mens van boerboele – maar gaan kyk dan na hierdie boerboel, dit is ‘n kruis ras boerboel met allerhande ander honde bloed in, en juis hulle val dan aan, nie jou opregte boerboele nie!! Ek self is baie lief vir Rotties!! Elkeen vir homself, ek self hou nie baie van pitbulls nie, maar ek sal hulle nie seer maak nie! Ek verkies maar kleiner hondjies, en ja ek glo hulle kan ook skade aanrig, daardie kleine woefie het mos ook tande. Yorkies bo!! Dan boerboele, dan rotties, dan GS .. en omdat ek nie gaande is oor pitbulls nie, sal ek nie aanskaf vir my self nie. So het elkeen van ons maar ons voorkere en afkere, dit is mos iets persoonlik, nie nodig om ander uithaal oor hulle persoonlike keuse in lewe vir diere kind nie.

Elize C ·

Ek stem saam Boerboel. Ek het vir jare opregte boerboele en Rottweilers gehad (nie gelyktydig nie) en het nooit enige probleme met hulle gehad nie. Op hierdie stadium het ek twee opregte Belgiese Herders, pragtige temperamente en uiterste beskermers. Ek maak net ‘n punt daarvan om enige besoekers te vergesel vanaf hul motors na die huis terwyl ek die honde gerusstel, sodat hulle kan sien ek voel nie bedreig nie en is self rustig (honde reageer op hul eienaars se gemoedstoestand en optrede) en ek noem aanhoudend vir die kleinkinders om op te let om nie per ongeluk op hulle te trap waar hulle by ons lê nie, of skielike handbewegings te maak nie, en hulle NIE te wil streel nie, en hul eerder heeltemal te ignoreer. Nog nooit enige probleme gehad nie. Boerboele is steeds my hart se punt.

Marthie ·

Net toe ek iets wou sê oor boerboele. Ons het twee. Al die jare boerboele. Ek stem dat jy maak v jou hond wat hy is. Dit beteken nie die tannie was verkeerd nie, maar dié is nie Duitsland waar honde selfs trein ry nie. Ek sal nie met my honde gaan stap nie. Die hond moes bedreig gevoel het. Ek hoop die tannie herstel volkome, dis hartseer.

Lila ·

Ek hoop dat hul die vrou dadelik sal begin behandel vir hondsdolheid en ook enige ander persoon wat aan die hond geraak het.. ek besef Rotweilers kan soms hul eie eienaars byt.. maar voorkoming in die geval is bitter belangrik aangesien daar geen genesing is wanneer die eerste simptome begin verskyn nie!

Elize C ·

Dis baie tragies, ek stem saam dat iets die hond moes ge-trigger het. Alle beterskap aan die dame. Ek stem ook saam dat daar ‘n stigma kleef aan sommige honde-rasse, soos Ronel gesê het omrede hulle vir wrede honde-gevegte gebruik word, en soos Melanie sê: ‘n Maltees kan ook erge byt-skade aanrig, veral aan ‘n kind. Ek het ook vir jare Rottweilers gehad, en kan ook getuig dat die reuse reun mens wou opvreet van liefde, maar dit het gehelp dat vreemdelinge in die straat bang was vir hom, bloot op sig! Ek het in elk geval ‘n punt daarvan gemaak om alle besoekers by die hek te ontmoet, saam hulle te stap na die huis, en uit die staanspoor te versoek om asb die hond te ignoreer, en dadelik in die huis in te kom, omdat ek weet enigiets KAN ‘n hond trigger, iets wat mens dalk nooit verwag nie, bv ‘n onverwagse hand-beweging, die honde IS beskermers, hulle SAL aanval die oomblik as hulle dink daar is ‘n bedreiging. En daar is geen ander manier vir hulle om te verdedig nie: HULLE BYT! Dalk het die tannie se hond iets langs die pad raakgesien wat op daardie oomblik vir hom na ‘n bedreiging gelyk het, hy wou dalk weg-storm en sy het hom teruggehou, toe val hy haar aan in sy poging om losgelaat te word…. ek bid sy herstel volkome sodat sy sal kan verduidelik wat presies het gebeur.

Quinton ·

Hoop die tannie herstel volkome. As eienaar van twee Rotweillers lees ek die media rapport en dit kom neer dat die honde gevaar wou aanspreek(die reuk van n nabye onbekende of enige ander dier byvoorbeeld n kat) waar hulle mekaar toe begin aanval het en sy tussen in gespring het waarop die Rotweiller haar begin aanval het. Dus waar die wurgkettang inpas om sulke situasies vinnig te ontlont en die hond opreg te dissiplineer. Die voorval kon defnitief verhoed gewees. Hierdie honde reageer instinktief om gevaar weg te hou as om n situasie soos hierdie te skep.

Nettie ·

Kyk, as jy daai Rotti van my befoeterd wil maak, gooi ‘n wurgketting om haar nek …. Sy het twee weke gelede in ‘n jaloerse ‘fit’ my jong Duitse Herdershond beetgekry, en ek het haar gerem aan daai wurgketting tot sy amper VERWURG het, maar los, het sy nie! ‘n Rottweiler wat aanval …. Draai/trek sy stert en hy los onmiddellik.

rb ·

Ek myself is bang vir Rotweilers. Simpatie vir die vrou, en dankie aan die buurman wat aksie geneem het. Dank vader hy het ñ vuurwapen gehad anders was hy dalk ook aangeval. Hoop Maroela hou die lesers op hoogte van die vordering van die vrou. Wat was die hond se geslag en ouderdom?

foxi ·

My gevaarlike rotti is my alarm en my wapen. Kwaai of nie! En glo vir my…..hy is baie baie lief vir vleis. Ek weet wanner my rotti olik voel……dan is ek baie baie versigtig hoe ek hom hanteer. En ja…..hulle is baie gevaarlik!

Valerie ·

Pit-bulls is nie honde/diere nie. Hulle is treine met tande. Natuurlik sal eienaars hul honde (hoe aggressief en potensieel gevaarlik en/of raserig) verdedig; in gedrags-ekonomie noem ons die verskynsel die “endowment effect.”

Dit neem gewoonlik ‘n tragiese voorval voordat die eienaars (dalk) verby hul trots kan kyk, maar dan is dit reeds te laat. Gevaarlike honde, van enige ras, hoort nie tussen mense nie.

Daar kom ‘n tyd waar ‘n mens maar moet besluit: verantwoordelikheid teenoor onverantwoordelikheid. My eie niggie is uitmekaar geskeur deur ‘n familiehond (boerboel/mastiff) wat ook nooit ‘n “vlieg so seermaak” nie, en elke verskoning in die boek is deur die eienaars gebruik (die trigger; die kind se bewegings, die hond se “mood” die dag, dat sy op “heat” was, ens., ens.) om die aanval te regverdig en te verdedig. Na sowat 50 steke in my niggie se gesig en kop, en ‘n lip wat byna nie weer aangeheg kon word nie, het die eienaars die hond gehou (die “endowment effect” in al sy glorie).

Die hond het twee jaar later weer toegeslaan, die keer op sy eie eienares, en toe word die hond nog dieselfde dag uitgesit.

(Verskoon maar my Afrikaans, maar ek kan nêrens anders nuus lees wat so gebalanseerd en objektief is en wat almal insluit en regverdig behandel nie. Boonop is Maroela nie blind vir die korrupte regering nie!)

Ben ·

Dit sal dalk goed wees om statistiek op stel stel oor honde wat mense byt in Suid Afrika. Sodat ons as mens kan sien wat in die werklikheid gebeur. Wanneer die media dopgehou word aangaande honde voorvalle is dit opmerklik dat Rotweillers gewoonlik genoem word by gevalle waar hulle, hulle eie eienaars byt. Dit is kommerwekkend.

Lititia kruger ·

Dit is verskriklik traumaties. Dubbele tragedie vir die arme vrou. N mens weet nou wat laat honde hulle eie base aanval nie. Ek het so kwaai hond gehad wat al die tyd kanker gehad het. Nie eers geweet

Boerboel ·

Ek self het vir jare ‘n GROOT boerboel gehad, hy het my en my kinders met sy eie lewe opgepas, en niemand het dit naby die hekke gewaag nie!! Hy was reusagtig groot met die mooiste persoonlikheid. Ongelukkig moes ons hom laat uitsit het, so paar jaar terug, hy was maar 10 jaar oud, sy heupe het begin ingee, en hy kon nie meer loop nie, het sy hele agterlyf begin sleep!! Toe hy ook nie meer wou eet nie, moes ons die keuse maak om hom diere hemel toe te laat gaan! Enige hond is wat jy van hom maak. Omdat ek in klein plekkie bly, kan ek net klein woefies aan hou, het optel woefie wat al 16 jaar lank deel van my lewe is, dan die klein windgat Yorkie!! Yorkies mag klein wees, maar hulle dink hulle is groot woefies in klein lyfies. Hulle is maar net baie naby aan die grond!!

Gideon ·

Hond bly hond en sal reageer soos wat hulle behandel en opgelei word maar ek twyfel of n ou tannie die dier sou oplei om aan te val…..iedergeval word daar melding gemaak van die feit hulle nog nie weet of dit reun of teef is nie……maak dit so groot verskil watter geslag dit is ? Iedergeval hoop ek als verloop goed met die tannie……jammerte dat die hond moes sterf…..dalk was n skoot in die lug genoeg maar mens was nie self daar om te oordeel nie. Enige hond kan op tye agressief raak….ons skaaphond ook. Nes mense hul afdae het, het diere dit ook. Die dier sal jou gewoonlik met n knor waarsku en nie sommer net aanval nie so dalk was iets anders fout. Laastens…..as dit n Duitse herdershond of Doberman was dan sou die gesprek die selle wees….ons is lief vir dit wat ons het en gaan persoonlik raak as mense jou tipe dier veroordeel.

Tinka ·

Rottweilers is liewe honde. Hulle sal jou altyd beskerm. Daardie hond sou haar nie aangeval het as daar nie iets gebeur het wat hom laat dink het jy of ek nie. Kan ook wees dat die hond n breingewad gehad het. Dit maak hulle ook so iets doen. Dis jammer so iets het gebeur. Sterkte aan die dame en dis so jammer dat die hond geskiet moes word.

Boerboel ·

Ek kry mense so uit my hart uit jammer wat deur hulle honde kinders aangeval word! My man wou twee jaar terug n boerboel kry! Ek was nie baie gelukkig met sy besluit nie! Eerstens sou die hond meet weeg as ek. Tweedens is ek die een wat na ons diere omsien. Twee jaar later is ek nie spyt nie! My boellie is die liefde van self en is baie sag! Hy hou sy sussie fyn dop”n lab”, en volg haar voorbeeld. Sy is die helfde kleiner as hy! Die rede hoekom hy so is? Training van n puppy af! Dit maak die wereld se verskil aan jou honde kinders. Ons is geleer om nie toe telaat dat jou hond sy tande te gebruik as julle speel nie. So geen speel gebytery nie! As hulle groot word dan weet hulle dat byt in enige form nie aanvaarbaar is nie! Vat julle honde kinders van puppy af vir training maak nie saak watse ras dit is nie! Die voordele is groot! Jy leer meer van jou hond en hoe om hom te hanteer in situasies.

Anon ·

Alida, jammer maar ek gaan daar met jou verskil…. ons het 3 rottweilers en nie eenvan hulle is byters nie. Ons het ook 2 pitbulls wat enige iemand sal aanval met liefde. n Hond is wat die eienaar hom maak om te wees. As jy nie aan die hond wys dat jy die leier is nie gaan dinge natuurlik hand uit ruk. Jy moet die hond se baas wees en nie anders om nie. n Hond reageer op n persoon se houding, as jy aggresief gaan wees gaan hy nie net daar staan en sy stert swaai nie. So jammer die mense wat so teen “gevaarlik” huis diere is, ek voel so jammer vir julle. Julle weet duidelik nie wat is honde liefde nie. n Hond is meer getrou aan sy leier as wat enige mens teenoor n ander mens sal wees.

LeonC ·

Ons het n 2kg brak wat lyk soos n jakals. Die hond is bang vir niemand. Moes hom chuck Norris genoem g
Het. Maar omdat sy bederf is moet ons bont staan waneer mense kom kuier. Die hond dink sy moet haar omgewing ten alle koste beskerm. Maar ons is bly sy is so Klein end bederf. Sterkte tannie , ons mense is maar almal Lief vir ons diere en verwag nie so aanval nie.

Bron ·

As altwee honde reune was en daar was dalk n teef op hitte die twee kon mekaar gegryp het en die tannie kon hulle probeer uit mekaar geva het. Ons weet nog nie wat het gebeur nie so dot help nie ons almal se wat ons dink nie. Hoop die tannie is ok maar asb mense wag vir verdere info voor aalmalse wat gebeur het. Alle honde kan byt maak noe saak watse tipe nie. Dis maar hoe hulle groot gemaak word. Die is my eie ervaring!

VK ·

Nou waar is die Pitbul haters nou! Is MOS altyd een of ander soort pitbul wat vir sulke aanvalle skuldig is.
Ek is bitter jammer vir die gesin en familie. Dit is baie wreed om deur jou eie hond vir wie jy lief is, aangeval te word, maar soos telkemale hierbo genoem is, iets moes vir hond-se-kind laat byt het.
Sterkte aan haar familie en vriende

Willie ·

Rotties is baie onwisselturig… Op Escourt is oud onderwyseres deur haar liefling Rotties verskeur… Google maar… Ek vertrou nie n Rottie nie…..

Bubbel ·

Dis al bewys dat Rotweilers en boerboele ‘n agteraf natuur het… en is nie die idiale familie honde nie…. Ek het groot geword met bure wat so monster hond gehad het… Hyt 6 voet mure gespring en mense aangeval.. die pos man het nie eers naby gekom nie en glo my die mense het hulle honde soos konings behandel so ek weet nie…
Pitbull’s word altyd gebrand merk ma glo my dis nie hulle wat die probleem is nie….

evsbest ·

Nog n park nog n hond aanval…. Gaan lees na. Baie honde begin aanval veral as daar n swaai erens swaai wat n hoë frekwensie geluid maak en dit dryf die honde MAL. Nie net verband met die tipe hond nie. Dis baie baie interessant.

Loerie ·

Almal se kommentare is baie interessant. Sal versigter wees vir my bure se rottweiler. Hoop nie hy verskeur die ou tannie en oom nie, hulle gaan so tekere soms.

Ben ·

Het ook ‘n Rotweiler gehad. Liefdevolle hondjie in die huis. Het een aand vriende gekry. Vir die een of ander rede het die liefdevolle hond skielik ontaard in die een of ander draak. Het die man en vrou begin byt. Toe ek tussen beide tree toe loop ek ook deur. Hy blaf nie meer nie en ek het ‘n stywe knie. Van die gevaarlikste, onvoorspelaarste honde ooit geteel. Wil werklik nooit weer een naby by hê nie. Hou veral kinders weg van hierdie monsters !

n ·

al die mense wat se ‘n rottweiler is gevaarlik, ek het grootgeword met ‘n rottweiler. twee van hulle. ek het op hom geklim, sy ore getrek, perdjie gery. ek was 3. kan dit onthou soos gister. en ou getroue prins het maar net gele laat sy ounooi maak wat sy wil (dit was ek) maar geen vreemdelik sou sy voete in ons yard sit nie. hy is op die ou einde vergiftig. jare later het ons weer een gekry en my sussie se seun het weer op sy beurt op Rommel gele en hy het niks oorgekom nie. maar weereens, niemand sou hulle voete naby my sussie se seuntjie of ons yard kom nie. my pa se altyd, ‘n goeie hond sal nie ‘n kind of sy eienaar byt nie.

Rj ·

N veearts ϖӐȾ honderasse bestudeer het, het eendag vir my gese n rottie se temperament wys eers op 15 tot 18 maande. Die eienaars °̩s dan verstom as die hond aggresief eweskielik is of wil byt vir geen rede as die hond baie liefdevol voorheen was.dat teeling ȇȠ bloedlyn n baie groot faktor °̩s. Hoe waar dit °̩s weet ȅk◦°˚° nie maar met klein kinderdertjies ϖӐȾ baie raas ȇȠ woelig °̩s ӸӰ ȅk◦°˚° maar weg van rotties ȇȠ varkhonde ȇȠ sulke rasse. Vriende van ons het n pragtige rottie gehad liefdevol ȇȠ dierbaar op 8 jaar wou hy net eendag hulle seun gryp toe hy en sy pa in die huis instap vir geen rede gelukkig het die kind nie ernstige beseerings gekry nie met sy pa ϖӐȾ dadelik kon help. Ȅk◦°˚° kan nie regtig saam praat oor sulke rasse honde nie maar het innige simpatie met die eienaar van die hond ȇȠ die trama ϖӐȾ sy moes ervaar het. Alle sterkte vir haar.

GSD ·

Ek is maar versigtig vir Rottweilers en meeste groot honde, want dit bly ‘n dier en diere is onvoorspelbaar. Hulle kan nie vir jou se as hulle nie lekker voel of nie lus het vir iets nie. Ek het ‘n skaaphond (13jr), ‘n SPCA brak (8jr) en ‘n GSD (18 maande). Hulle is soos kinders in die huis, maar ek het my kinders geleer om nooit ‘n hond te pla wat eet of slaap nie en as jy speel met ‘n hond, moet jou kop nooit laer as syne wees nie., dan is hulle in beheer. Maar ek glo ook dat sekere honde nie van nature sleg is nie, net soos mense, dit hang af van die opvoeding. Ek hoop en bid dat die tannie volkome herstel van haar wonde en die trauma. Aan die buurman, jou vinnige reaksie het haar lewe gered, dank die Vader jy was daar en het “op jou voete” gedink.

Lewis ·

Dit is baie hartseer.Ongelukkig loop sulke honderasse altyd deur.Ek het al heel wat Rottweilers,Alsations,Pitbulls selfs Doberman gehaad en dit is die liefdevolste honde as hulle reg hanteer word.Iets moes die hond gepla het.

Takkie Takuuza ·

En almal kom op vir die honde. Probeer almal inkluis hulle self oortuig van hoe oulik hulle hondjies is. Ek dink die arme vrou sou ook laas week so gepraat het. Honde is diere en dink nie soos mense nie al noem jy hom baba seuntjie of girl.

Hester ·

Dit is baie jammer wat met die dame gebeur het, maar iets moes hom getrigger het, want hulle val nie as n reel hul eienaars aan nie, inteendeel hulle sal hul eienaars met hul lewe beskerm. Enige hond maak nie saak hoe groot of klein nie kan hul eienaars een of ander tyd byt, my Rottie het my n paar keer gebyt, maar dit was omdat ek probeer keer het dat n ander Rottie met hom baklei. As hulle bedreig voel sal hulle ook aanval, maar ongelukkig het die arme vrou dit ongeld en net sy sal weet wat die werklike rede was hoekom haar hond haar aangeval het. Hoop sy herstel ten volle en hoop nie sy het nou n vrees vir groot honde ontwikkel nie.

Diere liefhebber ·

Ai dit is so hartseer wat gebeur het. Sterkte aan die dame met die herstel. Ja nee enige iets kon die aanval aangehuts het, net die dame sal weet hoekom. Ek vertrou eerder ‘n pittbull voor ek ‘n rottweiler vertrou. Verstaan nie hoekom baie honde van die selfde rasse so aggressief is en ander so liefdevol en nie eers dit sal waag om aggressief te wees nie. Ek stem dit het ook baie met die groot maak van die woef te doen. Jammer die het nou gebeur. Dalk wou woef met ander ene baklei, en toe wou dame keer. Watse hond was die 2de ene, en wat het van daai woef geword?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.