Vrou (70) van Boksburg dood aangetref

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn 70-jarige vrou is Dinsdagaand dood aangetref in haar huis in Van Dykpark in Boksburg aan die Oos-Rand.

Lt. Lungelo Dlamini, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die vrou se bure het ondersoek ingestel nadat hulle haar vir ʼn ruk nie gesien het nie. Hulle het die vrou op die vloer in haar huis gevind met twee meswonde aan haar bors. Haar voete en bene was vasgebind.

Volgens Dlamini word die vrou se VW Golf vermis. Die ondersoekspan probeer tans die registrasienommer van die motor opspoor. Dlamini het gesê die huis was oop toe polisielede op die toneel aangekom het en dat daar in dié stadium nie tekens van ʼn inbraak is nie.

ʼn Saak van moord word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Chris ·

Ai tog hoekom maak hulle die deure oop vir die goed. Ou mense vertrou te maklik. ‘n Mens se hart breek as jy lees van ou mense wat vermoor is deur satan se soldate, en oor wat aan gaan in Suid Afrika.

nadia ·

Ek het 16 jaar in VDP gebly en het 2 weke trug uit VDP uitgetrek. Dis hartseer om te weet dat die tannie vermoor is. Mag die Here saam haar familie en vriende wees. Hoop die Polisie kry die weters!!

Charlotte Kubannek ·

Dit maak mens siek en hartseer. Soveel mense word daagliks gemoor en hoekom? Verryking. Kom ons staan saam en bid vir ons land. Ek glo dit is die enigste oplossing. Want dit lyk nie asof enige mens iets daaraan kan doen nie. Mens voel so magtelooos dat daar nie stop gesit word aan die wreedheid nie. Inteendeel dit word by die dag erger.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.