Vrou (70) wreed op kleinhoewe aangeval

Argieffoto: Reint Dykema

ʼn 70-jarige vrou is Maandagaand wreed aangeval in haar huis op ʼn kleinhoewe in die Oos-Kaap.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het op ‘n kleinhoewe in die Brakkefontein-gebied plaasgevind.

“Die slagoffer bly alleen. Sy het in die nag wakker geword toe haar kamervenster gebreek is. Drie verdagtes het in die kamer ingekom,” het Janse van Rensburg gesê.

Hulle het die slagoffer gedreig en geld en vuurwapens geëis.

“Die vrou kan nie sonder ʼn loopraam beweeg nie, maar die aanvallers het daarop aangedring dat sy saam met hulle deur die huis kruip terwyl hulle dit geplunder het,” het Janse van Rensburg gesê.

ʼn Selfoon, kontant en ʼn beursie is tydens die aanval gebuit. Die vrou kon daarin slaag om ʼn buurman te kontak wat op sy beurt die polisie gebel het.

Volgens Janse van Rensburg is die slagoffer aangerand, maar wou sy nie hospitaal toe gaan nie.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Elsa ·

sigbaarheid vsn Polisie en Sekuriteite begin patroleer beral waar bewus is vsn enkel bewoners…kan dit so morilik wees? baie vrywilligers slnder werk kan indiens geneem word…skrik wakker

Veritas ·

Hierdie vlaag plaasaanvalle is nie gewone kriminaliteit nie. Dit is ‘n onverklaarde oorlog wat teen plaasbewoners gevoer word. Die doel is waarskynlik om boere van die grond te laat vlug sodat dit uitgedeel kan word aan mense wat geen kennis of belang in kommersiële boedery het nie. Dit wys net weereens op die intelligensie van die aanvallers en hul meesters. Die gespuis dink nie verder as wat hul neuse lank is nie. Selfs wanneer daar nie meer kos beskikbaar is nie, sal hulle nooit erken dat, om te boer, nie lonend is as die ‘boer’ net wil sit en wag vir die mielies om self te groei nie.

gatvol ·

Hulle wil nie boer nie maar plakkerskampe begin. Hoekom sal jy nou die natuur met al sy elemente trotseer jaar in en jaar uit as jy kan plakkers op die grond sit en n vaste maandelikse inkomste kry sonder om n vinger te veroer

Theresa B ·

Ek kon dit nie beter gestel het nie Uvonka. Stem saam met jou!!!

Steefan ·

En niemand sal ook gearresteer word nie, en as hul doen dan sal hulle net na paar dae “ontsnap”

Robbie ·

Al die aanvalle, die brande ens is nie net gewone misdade nie, daar is ‘n baie groter mag agter alles. Dit sal nie ophou nie, want ons hoort mos nie hier nie. Ek weet ons is so grootgemaak soos wat die bybel vir ons se’, draai jou ander wang, en seen jou vyand ens, maar ek dink as ons enigsins wil oorleef in die land wat ons Witmense opgebou het, sal ons eenvoudig bymekaar moet kom en dinge self moet doen vir die voorbestaan van blankes in die land. Geen ander land, instansie, weermag of SAP sal ons help nie.

J.Geldenhuys ·

Ons manne sal moet begin wakker skrik!!! Genoeg is genoeg.

R. May ·

“Die slagoffer woon alleen en kan nie sonder ‘n loopraam beweeg nie. Die slagoffer is aangerand maar wou nie hospitaal toe gaan nie.” Al waaraan ek kan dink op hierdie oomblik is dat daardie arme mens vanaand alleen in daardie plek is waar sy aangeval was. Arme, arme mens.

Janie Monsieur ·

Dagsê Sanet. Dankie vir jou kommentaar. Jammer vir die oorsig, die berig is gewysig.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

w ·

Gister n anderskleurige vi my gese jul wittes moet landuit. Dis hul land. Al wat ek gedoen het was om twee 10jarige meisies te waarsku om ni met hierdie man te praat ni en na hul mammas te gaan. Die meisies het vi my gese hul ken ni di oom ni. Hyt vir hul vertel hu hy saam Mandela ini tronk was en uit een bord geeet het en die meisies was beindruk. Indien ek ni gepraat het ni was hul dalk nou verkrag of vermoor

jan van riebeeck ·

ons sal nog sien wie land uit gaan op die einde , ek kan jou my woord gee dit gaan nie ek wees nie

Dries ·

Plaasmoorde en brande is alles deel om die boere van die plase te kry , vra maar ons bure in Zimbabwe. Plaas boere is maklike sagte teikens. Skande om ‘n oumens wat nie kan loop nie so te mishandel

Anton ·

…julle kan my maar stenig…70 jaar, alleen, loopraam, kleinhoewe en waarom…? Nee man dit is mos net nie aan in vandag se tyd nie…

Scalla ·

Lafaards, drie teen n 70 jarige bejaarde wat swaar beweg, gee hulle vir die gemeenskap om hulle uit te sorteer aangesien hul in elk geval gaan ontsnap uit aanhouding.

CQ ·

1. 70jarigr dame bly allee .
2. Kan nie sonder loopraam loop nie.
3. Aangerand maar wil nie hospitaal toe nie…
Hierdie tannie moes LANKAL in die Ouetehuis gewees het. NEE sy eord nie weggegooi en van vergery nie. Sy eord VERSORG. Sy is VEILIG. Sy is tussen haar MAATS. Sy kan die laaste jare van haar lewe geniet!

Anoniem ·

My ouers word binnekort 80. Hulle huis en besittings is alles afbetaal en hulle kry ‘n goeie pensioen en leef gemaklik en is baie gesond vir hulle ouderdom. Ons het onlangs navraag gedoen by aftreeoorde asook ouetehuise indien hulle dit sou benodig en natuurlik omdat ‘n mens veiligheidsbewus is. Tot my absolute skok het ek die volgende uitgevind dat in ‘n relatief gemiddelde ouetehuis, sal die kostes vir 1 kamer (slegs ‘n kamer) asook etes R12 000 per persoon beloop. M.a.w R24 000 en al wat hulle het is ‘n kamer. Aftreeoorde vra gemiddeld R8000 plus per bv ‘n woonstel en enige iets van R10 000 tot R14000 pm per huis (indien dit gehuur word). Dan kom die res van die uitgawes by. Ons praat van GEMIDDELDE klas verblyf. Dan moet ons jaarlikse verhogings van 10% op huur in ag neem en voila, die pryse raak onbekostigbaar selfs vir meer gegoede middelklas mense. Sou my ouers hulle huis verkoop, met alles daarin gaan elke sent waarvoor hulle ‘n leeftyd gewerk het in ‘n ontwikkelaar se sak vir huur. Op 80 is koop nie prakties nie. Hierdie dame, soos vele ander pensionarisse KAN tien teen een nie dit bekostig nie en wat doen ONS as samelewing om hulle tegemoet te kom en meer bekostigbare, betroubare verblyf te verskaf? Dit is die realiteit van Suid-Afrika en die pensionarisse pas maar aan en hoop vir die beste. Die staat, help JUIS nie, so nou hoe nou?

Liewe Anoniem ·

Hierdie sommetjies hoef jy nie te verduidelik. Ek moes dit 2 jaar gelede maak vir my ouers. Dit is baie duur…. Maar bottom line is… Hulle is veilig. Hulle word versorg.
Jy is gelukkig, jou ouers is gesond. My ouers is nognie 70 nie en baie sieklik. Ons kan nie wag tot hulle eendag hulp nodig het nie…
Wees dankbaar dat jou ouers gesond is.
Hierdie tannie in die berig LOOP MET N LOOPRING… sy het hulp nodig…

CAJA ·

CQ, het jy al daaraan gedink dat die stomme mens dit dalk nie kan bekostig nie! Dalk is daar nie iemand wat haar kan help om daar te kom nie, dalk is sy nie meer instaat om regtig self die regte blesluite te neem nie. Die redes kan eindloos wees. Baie ou mensies word ook in ouetehuise verniel, terwyl hulle maandeliks ‘n fortuin moet betaal. Feit bly geen blanke mens is op enige plek in Suid Afrika veilig nie!

CQ ·

Ek hoor jou CAJA. Ek wil net noem dat in meeste gevalle in die platteland word daar vir Oumensies voorsiening gemaak wat dit nie kan bekostig nie. Dan wil ek ook net noem dat meeste van die mishandeling van oumensies ook nie so seer in Plattelandse tehuise gebeur nie. Rede hiervoor is dat almal mekaar ken en gewoonlik bly die beheerliggaam se ouers SELF in die tehuis en daarom word alles met valk oë dopgehou….
Net my opinie….

Annette Stander ·

Hoe de duiwel kan ‘n vrou wat met ‘n loopraam loop alleen op ‘n hoewe bly? Waar is haar familie dat hulle dit toelaat?

jan van riebeeck ·

party oumense wil nie in n outehuis wees nie , dit is hulle keuse nie joune nie

CHRISTA ·

Maar jy hoor nie ‘n woord van die ANC se kant af nie en dan beskuldig hulle ONS van rassisme!!!

Pastoor ·

Ek het die clip gesien waar n boer n groot maanhaar leeu het wat buite die huis rondstap. Ek n moordenaar sal 3 keer dink voor hulle daar probeer inkom

karen ·

Liewe Tannie, ek voel so verskriklik jammer vir u. Die absolute ongekende Vrees Pyn Vernedering sal niemand verstaan.
Ek wens ek kon tannie net rukkie vashou en niks se net vashou weer die liefde van oumens voel. So hartseer tog om te dink “waar is tannie se kinders ? Hoe kon hulle toelaat dat ma ouma tannie alleen agter bly na die oom weg is. Ek wens tannie kon by my kom bly en sommer rukkie my “tannie ma” wees. Sterkte Tannie daar is nie woorde en vir tannie se mense “shame on u” hoe kon julle haar daar los met loopraam !!!! Sies Carma is looking for you !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.