Vrou (81) vas oor dagga

Foto: SAPS.

Foto: SAPS.

ʼn 81-jarige vrou van die Oos-Kaap is Woensdag in hegtenis geneem nadat verskeie daggaplante op haar erf aangetref is.

Kapt. Jackson Manatha, polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê die polisie was omstreeks 16:30 besig met roetinepatrollie in die Mente-nedersetting naby Willowvale toe hulle die plante op die erf gewaar het.

“Daar was agt plante met ʼn geskatte straatwaarde van R2 500,” het Manatha gesê. “Die vrou is by haar huis in hegtenis geneem en die daggaplante is van die perseel verwyder.”

Die vrou moet Donderdag in die Willowvale-landdroshof verskyn op aanklag van die onwettige besit van daggaplante.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

LOL ·

Agnee los haar laat sy haar geldjie maak .. siestog .. Een dag skreeu julle almal Dagga moet gewettig word die volgende dag vang julle ‘n ou tannie wat haar staatspensioentjies aanvul .. Siestog R2500 is nou nie juis baie geld nie .. dalk wou sy dit net vir ‘n siektetoestand gebruik, jy weet op 81 sit jy met vele kwale waaraan die dokters niks kan doen nie ;)

Gerald ·

Ek stem saam los haar laat sy maar die ou ekstra geldie maak,die waarde van daardie paar plantjies is bewys dat sy net haar pensioentjie aanvul daar gebeur erger dinge waaraan die howe hulle tyd kan spandeer

Nicolaas Lombard ·

My genade. Ek wonder of die ouens wat nou hul werk gedoen en haar gearresteer het, haar karige pensioentjie gaan aanvul uit hul salaris. Sy het geen kwaad bedoel nie en ek twyfel of enige moord roof of verkragting deur haar tuintjie aangewakker is. Nee wat. Gaan plant haar plantjie en laat sy in vrede klaar leef.

Ilze ·

Regtig.. is dit in belang van geregtigheid? As sy gevind is waar sy dit verpak en verkoop.. dan kan mens verstaan.

Carien ·

Los die Tannie, sy is net te oud om die “bossies” uit the trek, sy het nie geweet haar onkruid het so hoë straatwaarde nie.

gatiep ·

Goeie een Carien.
Los die tannie asb tog en gaan vang eerder die gevaarlikkes wat ons lewe bedreig.

Ina ·

Ag asseblief!! Hierdie mense met hulle dubbele standaarde maak mens sommer siek,om n ou mens van 80 te arresteer oor plante,rerig??en dit terwyl ons land bloei ..nee wat,nes ek dink ek het alles gehoor.

cor ·

Regtig is dit nodig, gaan kyk maar by baie staats persele hoe welig groei die groen twak daar. In Kroonstad by landroshof was ‘n groot plant en is toe maar na navrae deur joernalis deur SAP verwyder. By ‘n Hospitaal aan die oos rand groei dit welig en word met hospitaal se water natgelei net so by ander persele. Iemand gaan seker ‘n geldtjie maak met die ou dame se medisyne.

Theresa ·

Wonder of sy bewus was van wat presies dit is??
Het ‘n ander inwoner dit nie dalk daar geplant nie??
Foeitog. 81. Maar nou ja, dalk ‘n hupse 81 wat presies weet wat aangaan en hoe “lekker” party goed maak. Dalk verkoop sy dit nie eers nie, maar is altyd baie kalm, rustig en glad nie gestress nie…

Boetman ·

Sy gearresteer want sy’t nie weggehardloop van die dik poliesmanne/vroue nie.

Ilise ·

Dis belanglik! Los die tannie. Daar is soveel ander dinge waarmee die polisie hulle kan besig hou.

CAROL ·

STEM SAAM EN HUL GAAN DIT TOG WETIG MAAK TEEN VOLGENDE JAAR. (SY SAL GENOEG VOORAAD HE) HAHAHAHA

Riana71 ·

My persoonlike opinie is dat dit òf een van die kleinkinders se plante is òf die ou tannie het nie geweet dat haar mooi tuin teen die wet is nie. As ‘n mens “onwettige” plante wil plant, gaan jy verseker nie net een of twee plante met so ‘n skamele straatwaarde plant nie. – dan gaan jy groot.

se net ·

Ek dink nie die tannie sou dit op haar voorstoep gelos het as sy geweet het wat dit was nie, regtig, julle arresteer mense wat glad niks doen of weet nie plaas julle doen julle werk en soek al die mense wat so plaas mense moor, verkrag en steel.
Wys net hoe mind pla die moord en goed julle nou vat julle maar n ou tannie wat niemand skade doen nie.

Jan maak n Plan ·

En as die plante nou wild opgekom het of bv deur n voel se uitskyding geplant is dan moet die arme vrou dit ontgeld. Duidelik dat die polisie niks beter het om te doen nie. Plaas dat hulle hulle aandag aan al die plaasmoordenaars en ander skurke gee verpes hulle n ou vrou.

Ano ·

Nou wie gaan nou my medisyne maak? SIES vir julle om die ou tannie sommer net in hegtenis te neem en dit vir so bietjie giggle-gras

Andre ·

Die tannie hou die plantjies om vir haar tee te maak ,dis goed vir haar gesondheid en sy kan dalk nog 90 gemaak het,Dit sal die polisie se skuld wees as sy nou iets moet oorkom !!

Ek plant myne teenaan die wingerdstok waar niemand dit kan opmerk nie.!!

Piet Pompies ·

Moet nie op die gras loop nie, rook dit! Gun die tante die bietjie plesier op haar oudag.

Justice ·

Gaan die kinders en kleinkinders nog so gereeld kom kuier?

Johann ·

Siestog sy het dalk nie eers geweet dit is dagga. Hulle moet dagga wettig. Ernstiger misdade regverdig tog die tipe aandag. Belaglike storie.

Paul ·

Nou is ons almal veilig, want die meesterboef, die aartskrimineel, die 81-jarige gogo is vasgetrek!
Ai, wat ‘n klomp lawwe wette darem.

vermeende ·

Wel gedaan SAPD, julle verdien n aansienlike verooging en sommer ook bevordering vir hierdie uitmintende speur werk!
Ek wonder by hoeveel Tik, cokane en ander harde dwelm smouse het by verby gery om die 81 jarige in boeie te sit.

Die SAPD is n glorie soeker nes die regering om hulle beeld te polish.
My misnoee is nie omdat hulle haar gevang het nie maar omdat hierdie klein fonds in die media geland het.
Kom ons kyk nou of hierdie lede n gewapende dwelm smous kan vang, of was sy ook maar net n lekker sagte teiken, maksimum glorie met minimum gevaar?

Sarie ·

Ag genade tog los die ou tannie en haar twakkies. Vervolg eerder elke moordenaar, verkragter, kindermolesteerder en elke korrupte minister! Dit behoort voorblad nuus te wees!!!

Snuffels ·

Ek glo eerder sy is toegesluit omdat haar “portection money” aan die bloues laat of weg is….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.