Vrou (90) dood gevind in Uitenhage-huis

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die polisie in Uitenhage in die Oos-Kaap ondersoek ʼn saak van moord nadat ʼn 90-jarige vrou se liggaam in haar huis gevind is.

Sers. Majola Nkohli, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn buurvrou het omstreeks 09:00 Donderdag verby die bejaarde vrou se huis in Penford gestap en gesien ʼn hek en deur staan oop.

Volgens Nkohli het sy haar probeer bel, maar geen antwoord gekry nie waarna sy die huis binnegegaan het. Sy het die bejaarde vrou se liggaam by die ingang na haar slaapkamer gevind en die polisie ontbied.

Die slagoffer het ʼn steekwond in haar bolyf gehad. Volgens Nkohli is die motief vir die moord in dié stadium onbekend. “Die naam van die oorledene word weerhou aangesien al haar naasbestaandes nog nie van haar dood in kennis gestel is nie.”

Enigiemand met inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van ʼn verdagte (of meer) word versoek om AO Josua Victor by 083 455 1853 of Stop Misdaad by 0860 010 111 te bel.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Yankee ·

Stem 100% SIEK Suid-Afrika!!!!! Thank God i don’t live there anymore.

Korrelkop ·

Sies, dis baie ongevoelig. Jy ken duidelik nie oumense nie. Van hulle is op 90 nog verstandelik skerp en gesond en veg so hard hulle kan vir hulle trots en onafhanklikheid, en dryf die kinders tot raserny met hul hardkoppigheid. Vir al wat jy weet hét die familie al alles probeer. Mens kannie ‘n ou boom verplant nie – onthou dit.

Skerpioen ·

Gatvol party keer is dit die oumense wat weier om na ‘n ouetehuis of na die kinders toe te trek. Ek ken ‘n paar sulke gevalle. Ek hoop wanneer jy so oud is sal jy darem wel instem. Maar aan die familie wil ek sê: wie julle ook al is…. moet julle nie steur aan ou Gatvol nie. Hy ken nie die omstandighede nie. Baie sterkte vir julle…

Siek en sat ·

Dankie Vader my kinders emigreer. Gaan op my kniee bly dat hulle daar veilig sal wees. Hierdie het n siek vrot land geword.

RG ·

Sagte teikens eerste, ons bejaardes en vrouens word geteiken. Wanneer ons ophou ander pad kyk en daadwerklik daarteen opstaan, sal dit ophou. Wat sal dit neem om ‘n wetsgehoorsame burger te oorreed dat hy van sy neutraliteitseed onthef is?

Lee ·

Ai dis so tragies. 90 jaar lank geleef om vermoor te word in SA. Rus sag tannie en baie sterkte aan die familie xx

carel ·

dankie liewe Heer. ons kinders is oorsee. hulle het doktorsgrade . b grade en diplomas alles saam geneem sal nie maklik terug kom nie. pa en ma moedig hulle ook aan om te bly waar hulle nou is. ons was al by hulle in kanada en australie en kan nie sien waarom hulle sou wou terugkom nie. hierdie is maar n mickey mouse landjie en die groot honger kom spoedig.

Gert ·

Kan ons ou mense nie eers meer in vrede hulle laaste dae wat nie maklik is nie meer leef nie? Hoop die skuldiges kry te doen met maximum straf

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.