Vrou (94) op suikerrietplaas aangerand

Reaction Unit op die toneel. Foto: Verskaf

Reaction Unit op die toneel. Foto: Prem Balram.

ʼn Bejaarde vrou is Maandagoggend in ʼn gewapende roof op ʼn suikerrietplaas in KwaZulu-Natal aangerand.

Prem Balram, direkteur van die veiligheidsmaatskappy Reaction Unit South Africa, het aan Maroela Media gesê die 94-jarige slagoffer was die oggend alleen op die plaas, sowat 15km van die King Shaka-lughawe, toe die aanval gebeur het. Hy was nie seker of sy alleen op die plaas bly nie en kon net bevestig dat sy voor die aanval alleen was.

“Ons is omstreeks 08:15 na die huis ontbied,” het Balram gesê. “Die bejaarde vrou was duidelik geskok toe ons daar opdaag. Sy het gesê twee verdagtes het haar huishulp en privaat veiligheidswag oorrompel toe hulle vanoggend die eiendom wou binnegaan en het só toegang tot die huis verkry.”

Een van die verdagtes was met ʼn vuurwapen gewapen en die ander met ʼn Okapi-mes. “Die verdagtes het die vrou met die vuurwapen se kolf aangerand en op geld en juweliersware aangedring. Hulle het daarna die huis geplunder op soek na enigiets waardevol.”

Volgens die slagoffer het die verdagtes iemand op hul selfone gebel en gesê daar was niks waardevol in die huis nie.

“Hulle het toe ʼn sportsak met iets daarin gesteel en het ook te voet met die huis se sleutels gevlug. Die vrou was te geskok en deurmekaar om te kon sê wat alles gesteel is.”

Balram, wat ook ʼn vlieënier is, het die omliggende plase met ʼn helikopter gefynkam, maar kon die verdagtes nie opmerk nie omdat die gebied te dig bebos is. Die verdagtes is na beraming in hul 30s en het blou oorpakke aangehad.

“Die bejaarde vrou het verskeie kneusplekke en snywonde aan haar arms opgedoen. Sy het verdere mediese behandeling geweier.”

Balram het gesê die huishulp en veiligheidswag is ongedeerd.

Maroela Media het navraag by die polisie gedoen en wag vir terugvoering.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Debs ·

Ek is woordeloos, ek is besig om moedeloos te raak vir die land se misdaad….. dit raak ons almal op een of ander manier. Elke keer wanneer ek lees van moord, misdaad …. vat dit my terug na my ma toe (15 jaar terug al) wat ook deel is van die misdaad statistiek in die land!!!! maar ek glo stadig maar seker is ons boere besig om goed gatvol te raak.

scalla ·

Dit is baie snaaks dat net die bejaarde aangeval word, die ander 2 is ongedeerd, klomp lafaards

anet ·

Ongeveer 99.9% is dit informasie binne die huis, want hoe het die aanvallers geweet dat sy alleen by die huis is. Sterkte aan die persoon en haar familie

Dave ·

Haar privaat veiligheidswag was toe nie in staat om sy pligte uit te voer nie. Sy behoort ten minste n verandering aan te bring ten opsigte daarvan.

Peet Schabort ·

Wat ek wil sê sal Maroela nie plaas.
Wat ek hulle toewens nóg minder.

jakes ·

Ek stem saam Maroela media hou nie van reguit praat nie . gister toe ek mense barbare genoem het . is dit gesensor nou gaan hulle seker hierdie een ook sensor

Jan ·

Die barbaar sal nooit ophou om mense te verniel en te moor nie. Ons regering wil en sal niks aan die moorde van blankes doen nie. Onthou, een vlak van volksmoord is deur stille swye toe te laat dat dit gebeur en ‘n blinde oog te draai. Hoeveel aanrandings en moorde op blankes moet nog plaas vind voor die res van die wereld besef hier is groot fout. Soos bewys deur die selfoon oproep wat die een aanvaller gemaak het, is die aanval georganiseerd en sit daar ‘n groter mag daar agter. Kyk wat het gebeur ‘n klompie jare gelede in Zimbabwe, hulle het dit net beter georganiseer en ‘n naam gegee.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.