Vrou aangekeer ná model se tref-en-trap-dood

Olivia Sieff (18) is Sondag voor ’n kuierplek in Claremont doodgery. (Foto: Instagram / Olivia Sieff)

’n 31-jarige vrou is in hegtenis geneem in verband met die tref-en-trap-dood van Olivia Sieff, ’n Kaapse model, buite ’n kuierplek in Claremont.

Sy word nou deur aanklagte van strafbare manslag in die gesig gestaar en sal Vrydag (vandag) in die Wynberg-landdroshof verskyn.

Maroela Media het vroeër berig dat Sieff (18) omstreeks 01:50 Sondag buite die Tin Roof-nagklub in Hoofweg doodgery is. Die bestuurder van die motor het ná die voorval van die ongelukstoneel gevlug.

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, sê die vrou se motor is met behulp van kringtelevisiebeeldmateriaal geïdentifiseer as die motor wat by die ongeluk betrokke was.

 Geen verdere inligting oor die verdagte is in dié stadium beskikbaar nie.

Sieff het verlede jaar aan die Herchel Girls School in Claremont matriek behaal en was ’n model vir die bekende modelagentskap Boss Models. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Chris dupreez ·

As iemand n persoon raak ry, en dan van die ongelukstoneel wegjaag, moet die klag poging tot moord wees , en in hierdie geval en Phiel se geval moet dit moord wees.

George ·

Plak die lafaard se gesig ook bietjie die wereld vol, die moet nou gesien word as moord.

jeff ·

jannee. Ek stem saam. Wat is die groot geheim? Haar gesig behoort opengebaar word.

Anel ·

Nou wat van die een wat die fietsryer dood gery het? Lyk my dit raak nou ‘n algemene di g om mense eerder dood te ry en dan weg te jaag. So ‘n jong lewe so onnodig weg. Sterkte aan die familie en vriende.

Jean ·

Daai drywer sit nog nie eers in die tronk nie… en hy het die persoon 400m vêr onder die kar gesleep.

Peony ·

Ons bid dat geregtigheid geskied! Ek kan nog steeds nie glo dat die persoon op vrye voet is nie! Hy het ‘n moord gepleeg en wou ook van die toneel vlug!

Di ·

Ja party mense dink hulle kan wegkom hiermee – “You can run but you can’t hide” Jou sondes haal jou wel in!

piet ·

Dis of moord of strafbare manslag. Vir moord moet daar opset wees en vir strafbare manslag is dit nalatigheid. Omtrent alle sake waar mense doodgery word, is dit strafbare manslag. Baie moeilik om te bewys dat die persoon met opset doodgery is.

JohanR ·

Se maar 4 dae voor sy aangekeer is. As sy smoor dronk was agter die stuur is dit lankal uit haar stelsel uit. Maar daar is ook ‘n swaar straf as jy tref en trap en wegjaag. Maar niks sal die mooie meesie in die vleur van haar lewe weer terugbring.

Jill Hill ·

As sy onskuldiglik die meisiekind raakgery het, sou sy nie weggejaag het nie, sy was verseker dronk agter die stuurwiel!

Anel ·

Hoop hulle maak ook haar naam bekend nadat sy in die hof was!!!!

Waarnemer ·

Strafbare manslag!!!Versuim om stil te hou na n ongeluk en versuim om ongeluk aan te meld.Almal ernstige klagtes maar ongelukkig in ons huidige regstelsel net genoeg vir n waarskuwing of 3 mnde gevangenis straf met n kans om op parool uitgelaat te word en n gratis stel gholfstokke om Jacob en Shabir se gholf span te join.

JohanR ·

En net soe is sy uit op borgtog – According to the National Prosecuting Authority (NPA) spokesperson Eric Ntabazalila, Onesimo Makhubalo appeared briefly in court before she was released on R3000 bail.

“The accused had bail set at R3000 with conditions that she must report to Wynberg Saps every Friday between 18:00-21:00. Her case was postponed until 25 May 2022 for further investigation,” Ntabazalila said.

Police said she was charged for culpable homicide and leaving the scene of an accident without ascertaining injuries or damage (hit-and-run).

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.