Vrou aangekla oor baba in puttoilet

Argieffoto

ʼn 41-jarige vrou wat teregstaan op poging tot moord van haar pasgebore baba, se saak is Woensdag in haar afwesigheid in die Brits-landdroshof aangehoor.

Die vrou kon nie self in die hof verskyn nie aangesien sy tans in ʼn hospitaal behandel word. Haar naam mag eers bekendgemaak word wanneer sy in die hof verskyn het.

Lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, sê die vrou is Maandag in ʼn kliniek in Jericho, noord van Brits, in hegtenis geneem. Dit kom nadat lede van dié gemeenskap Sondag die polisie ontbied het nadat hulle gehoor het hoe ʼn baba vanuit ʼn puttoilet in die nedersetting huil.

“Die polisie en nooddienste is ontbied en hulle het gehelp om die pasgebore babaseuntjie lewend uit die puttoilet te bring. Hy is na die Brits-hospitaal geneem vir behandeling,” sê Funani.

Die polisie het dadelik hul ondersoek na die saak begin en dit het hulle tot die plaaslike kliniek gelei waar die vrou in hegtenis geneem is. Sy is onder polisiebewaking na die hospitaal in Brits geneem, waar sy tans steeds behandel word.

Funani sê die vrou sal in die hof verskyn sodra sy uit die hospitaal ontslaan is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.