Vrou aangerand toe rowers op lodge toeslaan

Argieffoto: SAPD, Facebook

ʼn Vrou is aangerand en talle vuurwapens en kontant geroof nadat gewapende rowers Vrydag in die vroeë oggendure op ʼn lodge in die Hoedspruit-omgewing in Limpopo toegeslaan het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het bevestig die voorval het omstreeks 02:00 gebeur.

Volgens Ngoepe het twee van die gewapende rowers ʼn veiligheidswag by die lodge oorval en met ʼn vuurwapen aangehou. Hulle het hom opdrag gegee om sy werkgewer, die eienaar van die lodge, te bel en te sê hy het ʼn luiperd naby die lodge gewaar.

“Toe die eienaar uitkom om te kom kyk, het hy hom teen die gewapende rowers vasgeloop. Hy is met vuurwapens in die huis in gedwing en die rowers het geëis dat hy die kluis se sleutels oorhandig,” het Ngoepe gesê. Die rowers het vyf jaggewere en ʼn rewolwer uit die kluis geroof, asook ʼn onbevestigde bedrag kontant bestaande uit rande en Amerikaanse dollars.

“Die eienaar se vrou is met die kolf van ʼn vuurwapen aangerand. Die ander twee verdagtes het drie veiligheidswagte, drie werknemers en die eienaar en sy vrou vasgebind. Tydens die voorval is een skoot afgevuur voordat die rowers met die eienaar se voertuig op die vlug geslaan het.”

Ngoepe het gesê dié voertuig is later verlate by Acornhoek in Mpumalanga gevind.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Mense met meer inligting oor die voorval word versoek om konst. Happy Mahlangu by 082 836 6696 of Stop Misdaad by 0860 010 111 te bel. ʼn SMS kan ook gestuur word aan 32211.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Jaco ·

En hoekom het die “veiligheidswag” nie die ooreengkome kodewoord vir “plaas word aangeval” gebruik nie?

humor ·

Miskien moet die mense maar toegee dat die regering alle wapens konfiskeer, want mense wat nie dink nie en geen oorspronklikheid het om n plan met hul baie gewere te maak nie is besig om moordenaars te bawapen. Wat maak jy met 5 vuurwapens, gewere. Hoelank gaan dit nog duur voordat mense besef om nie die goed in hul kluise te stoor nie. Die aanvallers druk net n mes teen jou strot en jy moet die sleutels gee. En NOOIT NOOIT verlaat jy jou huis goedertrou nie. Wat kan jy in elkgeval aan n luiperd in die nag doen? En waarom verlaat jy jou huis sonder n vuurwapen in jou hand om onmiddelik te vuur? Nee wat?????????????????????????????

Jaco ·

En hoekom het die “veiligheidswag” nie die ooreengkome kodewoord vir “plaas word aangeval” gebruik nie? Mense word WAKKER! Ons in ‘n oorlog teen misdadigers of ons dit nou wil weet of nie.

boerseun ·

100% inside job. Begin ondersoek maar by wag en ander personeel. Sterkte.

Penellope Jones ·

Enige plek, enige tyd, enigiemand, enigiets wat hulle wil buit, alles, elke dag oral en altyd.

Gert ·

Goed opgesom Penellope. Wat se teenstand kan nou regtig gebied word? Ontwrigting, Benadeling. Verontrief. Negatiewe ingesteldheid ens. ens ens. Ons wil almal so graag aangenaam leef en werk. Ai.

Werner ·

Humor jy het vyf verskillende jaggewere omdat jy verskillende kalibers vir verskillende soort wild nodig het ek stem saam dat dit simpel is om jou handwapen in die kluis te los skelms gebruik jaggewere om renosters te skied die polissie en weermag bewapen hulle met die aanvals gewere om erenstige misdaad mee te pleeg dus kan ons nie ons parate boere ontwapen nie anders moet ons die polissie en weermag ook ontwapen

Asb. ·

Al gewonder of daar iewers in media ‘n SLIM OU OF BESIGHEID/BESIGHEIDSMAN is wat elke dag wenk vir die dag kan uitgeblaker (adverteer) oor hoe om PARAAT(in die MODE)! te wees nie.
Sal nie bekommer oor SPELLING! as ek nét GEREED kan wees ALTYD!

marous ·

Steek die plek aan die brand en trek oorsee. Geen dollars , geen hupstoot vir die ekonomie, geen werk , geen kontant of gewere te roof , geen wittes om aan te val ….

humor ·

Werner stoor die goed dan op die plavon as jy nie ander planne kan maak nie. Daar is talle moontlikhede Of verkoop van die goed Ek is lewenslank al n boer. Het net 2 gewere gehad en daarmee is n olifant en n leeu geskiet.

Werner ·

Humor ek het net jou vraag geantwoord oor hoekom jy vyf jaggewere kan hê dit is logies dat hulle volgens die wet in n kluis toegesluit moet word en ek glo elke persoon kan besluit hoeveel wapens hy binne die raamwerk vd wet wil hê glo nie dit het iets met jou uit te waai nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.