Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die 68-jarige vrou het glo langs die straat naby die Waterglen-winkelsentrum, op die hoek van Garstfonteinweg en January Masilela-rylaan, gestap toe sy aangeval is.
Volgens Botha het die vrou ernstige beserings opgedoen. “Sy is op die toneel behandel voordat sy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling.”
Die presiese omstandighede rondom die voorval is nog nie bekend nie en word deur die polisie ondersoek.
Ek is vir so 6 jaar hier in Krakow Pole nou 4 maand hier en hier ken jy nie sulke goed nie. Vrouens klim 23.00 in die aand alleen vd tram en loop huis toe. Kitsbanke staan op sypaaitjie. Kan net bid vir SA.
Dankie Pieter. Geniet dit om in vrede en veiligheid te woon. Dit moet wonderlik wees om nie heeltyd op jou hoede te moet wees nie.
Pieter jy moet dit so ver versprei en die mense daar ook inlig oor die korupte land en sy patetiese goverment wat moorde afmaak as gewone crime en die wereld val vir die “verskoning”
Dankie Pieter ons land het dit so baie nodig…