Vrou afgedank ná ‘verkragting’

Argieffoto

ʼn 58-jarige man van Limpopo is Donderdag borgtog toegestaan nadat hy na bewering sy 25-jarige werknemer verkrag het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die man, wie se naam nie genoem mag word nie aangesien hy tereg staan op aanklagte wat verband hou met ʼn seksuele oortreding en dus eers tydens sy verhoor moet pleit, se borgtog is in die Groblersdal-landdroshof toegestaan.

“Die man het na bewering die slagoffer, wat by die beskuldigde se winkel in Groblersdal se sentrale sakegebied gewerk het, verlede Dinsdag verkrag. Twee dae later het hy glo weer probeer om haar te verkrag, maar kon nie daarin slaag nie en hy het haar summier afgedank,” het Ngoepe gesê.

Die vrou het die voorval by die polisie aangemeld en die man is ná verdere ondersoek in hegtenis geneem.

Die man is op borgtog van R4 000 vrygelaat en hy moet weer op 7 Mei in die hof verskyn. Die polisie se ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Sarel Strydom ·

Borgtog pateties!! Aankkaer nie sy werk gedoen nie.

GP ·

Iets hier klink nie vir my reg nie. Hoekom kla die vrou hom eers na die tweede onsuksesvolle poging aan en toe sy afgedank is?

Supersue ·

Stem saam met jou GP. Wie gaan in elk geval terug na die plek waar of persoon Wat jou verkrag het.

PJC ·

Dit wil voorkom of die vrou nie van plan was om te kla as die ou haar nie afgedank het nie so eintlik was hy baie dom.

SjN ·

Hoekom nie reeds na die eerste keer dit gaan aanmeld nie, iets het iewers skeef geloop.

PIKKIE ·

Klink defnitief nie na die volle storie nie. Sal moet wag dat hy sy weergawe ok kan vertel want dit klink bietjie verdag dat sy eers polisie toe is NA hy haar afgedank het. Hoekom nie na die eerste keer wat hy haar verkrag het nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.