ʼn 58-jarige man van Limpopo is Donderdag borgtog toegestaan nadat hy na bewering sy 25-jarige werknemer verkrag het.
Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die man, wie se naam nie genoem mag word nie aangesien hy tereg staan op aanklagte wat verband hou met ʼn seksuele oortreding en dus eers tydens sy verhoor moet pleit, se borgtog is in die Groblersdal-landdroshof toegestaan.
“Die man het na bewering die slagoffer, wat by die beskuldigde se winkel in Groblersdal se sentrale sakegebied gewerk het, verlede Dinsdag verkrag. Twee dae later het hy glo weer probeer om haar te verkrag, maar kon nie daarin slaag nie en hy het haar summier afgedank,” het Ngoepe gesê.
Die vrou het die voorval by die polisie aangemeld en die man is ná verdere ondersoek in hegtenis geneem.
Die man is op borgtog van R4 000 vrygelaat en hy moet weer op 7 Mei in die hof verskyn. Die polisie se ondersoek duur voort.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
11 Kommentare
Borgtog pateties!! Aankkaer nie sy werk gedoen nie.
Iets hier klink nie vir my reg nie. Hoekom kla die vrou hom eers na die tweede onsuksesvolle poging aan en toe sy afgedank is?
Daars altyd twee kante van n storie.
Ek ruik n rot.
Dit wil voorkom of die vrou nie van plan was om te kla as die ou haar nie afgedank het nie so eintlik was hy baie dom.