Vrou, baba sterf in botsing

Die voertuig se wrak. Foto: Verskaf

ʼn Vrou en ʼn babadogtertjie is Woensdagaand op die N4-snelweg buite Rustenburg in ʼn motorongeluk dood.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die botsing het omstreeks 22:40 voor die Mooinooi-afrit plaasgevind. Die bestuurder van die voertuig het beheer daaroor verloor en teen ʼn betonpilaar gebots.

“By paramedici se aankoms op die toneel is die wrak van die motor in twee dele aan die kant van die pad aangetref,” het Meiring gesê.

“Die liggaam van ʼn vrou, vermoedelik in haar 30’s, en ʼn babadogtertjie, vermoedelik een jaar oud, het sowat 30 m van die wrak af gelê. ʼn Manspasiënt het op die toneel rondgeloop.”

Die vrou en die baba het veelvuldige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar. Die man is vir geringe beserings behandel voordat hy na die Brits- provinsiale hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

Die presiese oorsaak van die botsing is onbekend en word deur owerhede ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Lisa ·

Watter spoed moes daardie man nie gery het om die kar so te laat lyk nie, en dit met ‘n 1 jarige kind in die kar. Baie onverantwoordelik van hom.

Theresa B ·

Ek stem saam met julle. Dit is so duidelik……………….SPOED!!! So onnodig. Arme vrou en baba. Ai dis hartseer.

Let op ·

Let op hoe baie padrelings het gedeeltes weg wat nie herstel word. Ek neem aan hierdie betonpilaar is die stut van ‘n oorbrug wat nie ‘n padreling het soos baie in SA.

Jan Smit ·

Almal praat oor spoed….. teen 100km as a n motor n betonpillar tref gaan dit net so lyk, hel selfs 60km teen n pillar gaan lewensgevaarlik wees! En niemand wat hier kommentaar lewer ry ooit vinniger as die wetlike limiete nie? Yeah right! Kom ons deel eerder ons meegevoellens met die man wat blybaar sy vrou en kind verloor het. ‘n Tragedie hier net voor die Kers seisoen.

juan ·

Rerig……..al wat julle kan se is spoed……….Oh natuurlik as die kar stil gestaan het sou hy nie in die pilaar vas gery het nie. Hoe dom van my.

Die kar het beheer verloor en die pilaar aan die pasasierskant van die voertuig getref. Enige iets bo 80km/h sou die gevolg he. Weet at least eers iets van so iets af voor julle almal op die “spoed” bandwagon klim.

DS ·

Ek stem heeltemal saam. Was julle in die kar of het agter hom gery om te weet hoe vinnig hy gery het? Hierdie ou volkie van ons kan tog so gou ons afleidings maak. Wag tot dit eendag met jou gebeur en almal beskuldig jou valslik en voor enige ondersoek dat jy verantwoordelik is vir jou geliefdes se dood. Kyk of jy DAN miskien ‘n wag voor jou mond of jou vingerpunt sal sit.

Rudolf ·

Ja NEE SPOED maar ‘n duiwel. Ek wonder maar net!?! As ek die saak so kyk is daardie motor ‘n peperduur Duitse een! Hoekom sal die pasient na PROVINSAAL gaan vir behandeling? Ons mensdom se prioriteite darem ne!

SPOED ·

Baie baie hartseer!
As mens lees van almal wat so boetes kry vir spoed – belaglikke spoed 200km/h+…. kan mens nie anders as om te wonder of dit hier die geval was nie. Mense dink “dit kan nie met MY gebeur nie”…tot dit met JOU gebeur!
Hierdie man gaan met sy gewete moet saamleef-so so hartseer

Pieter ·

Mense, dit het baie baie hard gereen in Rusteburg en die omgewing.

Dit het ook die aanf gereen, die ongeluk was op n nat pad.

Chris Ws ·

Spoed veroorsaak NIE ongelukke nie.Bestuurders wat onbevoeg is wel.Soos in die’ geval waar die bestuurder (let wel) beheer verloor het.NIE die voertuig nie!Daar kan verskeie redes voor wees.Een van die groot sondebokke is ‘n selfoon wat begin lui,of ‘n boodskap wat in die ry ingetik word op ‘n selfoon.Spoed aleen is NIE ‘n rede vir die ongeluk nie MAAR beinvloed sonder twyfel die ernstigheids graad van die ongeluk.Sou dieselfde voertuig ‘n beton pilaar teen 100km/h tref of teen 160km/h tref gaan die resultaat baie verskil.Wat soos ‘n paal bo water staan is dat hoe vinniger jy ry hoe moeiliker word dit en hoe langer afstand het jy nodig om jou voertuig tot stilstand te bring.Enige iemand wat wil stry?Doen self toetse teen verskillende snelhede dan praat ons weer.Die feit is dat 95% motor voertuie op ons paaie oorskry snelheidsperke want daar is geen of weinig spoedlokvalle op meeste van ons paaie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.