Vrou, baba sterf toe dak op hulle val

Argieffoto: KwaZulu-Natal se nooddienste

ʼn 37-jarige vrou en haar eenjarige dogter is Vrydagoggend dood toe hul huis se dak ineengestort het.

Rob McKenzie, woordvoerder van KwaZulu-Natal se nooddienste, het gesê die voorval het in Shallcross naby Durban plaasgevind.

“Die huis se dak het in die vroeë oggendure ineengestort en op die ma en haar baba geval terwyl hulle geslaap het. Hulle het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar,” het McKenzie gesê.

Volgens McKenzie is die huis nie ʼn informele struktuur nie en het verskeie kamers.

“Die rede hoekom die dak ineengestort het, is nie bekend nie en word ondersoek. Die ma en haar baba was vermoedelik die enigste mense in die huis toe die voorval plaasgevind het.”

Die polisie was op die toneel en ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Werklik tragies ·

Werklik tragies, sterkte aan die familie. Laat mens se maag draai.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.