Vrou, baba sterf toe motor voetgangers tref

(Foto: ER24)

ʼn Vrou en ʼn 13 maande oue babadogtertjie is dood en ses beseer tydens ʼn ongeluk Maandagaand op die N1 in Rawsonville in die Wes-Kaap.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê paramedici het omstreeks 20:30 by die toneel opgedaag. Die provinsiale nooddienste was reeds op die toneel.

“ʼn Vrou en ʼn 13 maande oue babadogtertjie het in die pad gelê. Ses persone met beserings was langs die pad.”

ʼn Motor, met vyf insittendes, het glo drie voetgangers getref.

Die vrou en babadogtertjie was twee van die voetgangers. Hulle het reeds aan hul beserings beswyk en niks kon verder vir hulle gedoen word nie. Hulle is op die toneel dood verklaar.

Die bestuurder van die motor was in ʼn ernstige toestand. Vier van die ander insittende en die ander voetganger het geringe tot matige beserings opgedoen. Hulle is na hospitale geneem vir verdere behandeling.

Plaaslike owerhede was op die toneel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Christine ·

Dis verskriklik hartseer. Waar is die jare toe trokke, voetgangers en klein motorfietse nie toegelaat was op die hoofweë nie. Die mense jaag ook ongelooflik op die hoofweë, geen wonder die bestuurder van die motor is ook oorlede nie. Nee regtig, ons moet terugkeer na die pre-1994 pad reëls.

Mira ·

Voetgangers daarlangs loop op die geelstreep,as jy nie mooi kyk nie dan maak jy ‘n ongeluk.en hulle dra klere wat ie reflect nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.