Vrou beplan glo moord op man

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn Vrou en twee vermeende huurmoordenaars is in hegtenis geneem op aanklag van moord en poging tot moord.

Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê Zakithi Nsibande (43), Sibusiso Thuzi (40) en Zamani Mkhize (38), het Donderdag in die Mtunzini-distrikshof in KwaZulu-Natal verskyn. Die saak is tot 7 Desember uitgestel, wanneer hulle om borgtog sal aansoek doen.

Die inhegtenisnemings volg nadat Sipho Nsibande (53) en ʼn vroulike slagoffer, wat op 14 Augustus 2014 in ʼn motor in Nsingweni buite Mtunzini gesit het, deur gewapende verdagtes genader is, wat op die motor losgebrand het. Nsibande is doodgeskiet en die vrou is ernstig gewond.

ʼn Saak van moord en poging tot moord is by die Mtunzini-polisiestasie aanhangig gemaak vir ondersoek. Die verdagtes is op 24 November in hegtenis geneem. Zakithi is die oorledene se vrou. Mkhize is in besit gevind van ʼn ongelisensieerde vuurwapen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.