Vrou beroof toe motor gaan staan

Argieffoto: Pixabay

ʼn Vrou in haar 60’s is beroof en beseer toe die motor waarin sy ʼn passasier was langs die N2-snelweg suid van Durban sonder brandstof gaan staan het.

Volgens Ceron Lennox, woordvoerder van Rescue Care, het die motor op die N2-noord naby Lamontville in Chatsworth sonder brandstof gaan staan.

“Die bestuurder was op pad om brandstof te gaan koop en die vrou het in die voertuig agtergebly,” het Lennox gesê. “Twee mans het uit die bosse langs die snelweg te voorskyn gekom en die venster aan die passasierskant waar die vrou gesit het, met ʼn baksteen stukkend geslaan. Hulle het die vrou van waardevolle besitting beroof voordat hulle te voet gevlug het.”

Die vrou het geringe beserings aan haar arm opgedoen waar die glasstukke en baksteen haar getref het. Sy is op die toneel behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Kapt. Nqobile Gwala, provinsiale polisiewoordvoerder, het die voorval aan Maroela Media bevestig.

“Die vrou wou egter nie ʼn saak maak nie, hoewel ons haar aangeraai het om dit te doen vir verdere ondersoek,” het Gwala gesê.

Gwala het ʼn beroep op motoriste gedoen om ten alle tye waaksaam te wees. “As motoriste probleme met hul voertuie ervaar moet hulle dadelik die polisie én padbystand ontbied. Die polisie doen gereeld kontakpatrollies om die veiligheid van motoriste te verseker.”

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Stoffel ·

Om deesdae sonder brandstof te gaan staan is plein stupit en gevaarlik.

johny_walker ·

om deesdae sonder n vuurwapen rond te loop is net so

BJ ·

Sy wou nie ‘n saak maak nie want daar gaan niks gedoen word nie!

Chris Venter ·

Ai tog daar begin die rusbank regters alweer jy moet bid dat joune nie daar gaan staan as gevolg van n papwiel of meganiese problem nie.

MeisieMens ·

Chris, ek stem saam jou…. Volgens die rusbank regters, is die slagoffers altyd die skuldiges… Blykbaar doen die regters altyd alles reg, en sal nooit so iets oorkom nie… Die res van ons maak maar foutjies….

Bloues ·

Ek ry al langer as 30 jaar met my eie voertuig. Nog NOOIT sonder brandstof gaan staan nie.
Ons kan mos vooruit dink en beplan, of nie?

Ruby ·

Bloues: Al DINK en BEPLAN jy en DIENS jou motor, kan jou brandstof aanwyser foutief raak, vra my.

Of gebeur dit nie in jou en Stoffel se perfekte wêreldjie nie?

Annakapat ·

Jou ook seker nog NOOIT in ander mense se situasies ingedink nie …

Simon ·

Weereens kom ons blameer eers die slagoffer. Hulle sit letterlik orals en wag net om te strike. Ek hoop nie een van julle gaan staan langs die pad vir enige rede nie.

Carel ·

Ja die brandstof was n fout maar dit kon net sowel n pap wiel gewees het
Feit bly staan dat elke tweede persoon in die land n krimineel moet wees om altyd toevallig op dié situasies af te kom

Lee ·

Ai dis nie lekker nie. So iets is menslik en gebeur. Baie bly die dame is ok. Waar is die lot wat kamstig “highway patrol” moet doen? Dit was dan op die N2. Met meer visible policing sal die damn skelms nie die land meer so maklik regeer nie.

Carel ·

My vraag is net hoeveel kriminele is in ons land dat hulle altyd toevallig op sulke situasies afkom

christa Nagel ·

Carl ons land is vol krimenele daarom moet jy soos hulle dink en jou beplanning moet om diesulks gaan. Vat jou skietding saam en sorg dat jy jou goed kan verdedig want om elke draai wag hulle jou in. Ek stem saam met Hans . Die land word deur krimenele regeer daarom gaan dit so

Marthie vd WAlt ·

Dis skrikwekkend hoeveel daar buite rondloop sonder ‘n gewete of geen stemmetjie wat vir hulle skree “dis verkeerd” nie. Die absolute wetteloosheid en gepaardgaande gevare waarmee Suid-Afrikaners te doen kry elke dag veroorsaak trauma op trauma en selfs later ‘n gevoel van afgestomptheid. As misdaad jou nog nie direk in SA geraak het nie, vra jy jouself af maar wanneer is dit nou my beurt?

Hannie ·

Jy kan tog hulp ontbied, ek se nie in alle gevalle sal dit werk nie, maar………. die meeste van SA se korttermynversekeringspolisse dek die volgende: sonder brandstof gaan staan, papwiel, motor ontklaar raak ens. ens ens. Het jy jou poliskontrak gelees……….??????? Dalk kan hulp baie vinniger opdaag, as wat jy dink!!!

$ ·

Soms betaal jy jare lank vir valse beloftes van hulp, en wanneer jy hulle nodig kry laat weet hulle jou “jammer dis te afgeleë; ons polis dek slegs die groter metro-areas”. Dan bel jy maar die polisie, en hulle sê vir jou “dis nie in my gebied nie”, en die polisiekantoor waarna hulle jou verwys sê dieselfde. Ek het so paar jaar gelede vrou-alleen in die nag oor iets in die pad gery wat twee van my bande aan flarde geruk het. Vind toe eers uit Ermelo is “te afgeleë” vir die AA, aan wie ek jare lank pligsgetrou elke maand ‘n premie vir hul “stand by you” diens betaal het. Ek het die volgende dag onmiddellik my AA-lidmaatskap gekanselleer.

christa Nagel ·

Hulle sit die kerke vol maar almal van hulle is ook besig met toi-toi. Die duiwel loop rond soos ‘n brullende leeu om te verslint . Tog so waar.

marous ·

Kan iemand nie iets ontwerp wat booswigte soos mis voor die horison laat verdwyn as hulle net aan misdaad dink nie ….

t ·

Daar is raad. Net soos met vampiere; slaan ‘n houtpen deur die hart. Dan gaan hulle weg…

Alida ·

Die AA help altyd as jy lid is. Ou mense betaal so min as R70.00 per maand.

SARIE VAN HEERDEN ·

As jy jou motor gereeld laat diens en voordat jy in jou motor klim kyk jy of al jou bande nog vol is EN JY KLIM NIE AGTER ‘N STUURWIEL IN AS JOU BRANDSTOFTENK LEEG IS NIE het jy alles menslik moontlik gedoen om voorsorg te tref. Wat daarna gebeur kan niemand voorspel nie.

Jeannette ·

@SARIE VAN HEERDEN: ek stem 100% saam. Deesdae se motors is toegerus met ‘n waarskuwingstelsel as jou tenk minder as ‘n geskatte 100km petrol oor in het; my kar het ek nog NOOIT, maar soos in NOOIT, gery sonder dat daar die minimum hoeveelheid brandstof in is nie. En ek sien ten minste twee keer per week om na my motor se banddruk, al vier bande, plus die noodband ook. Ek het bande-dekking by my polis ingesluit, sowel as motorbystanddiens ENIGE plek in die land, selfs op Putsonderwater. Net nou die dag het ek ‘n pap band opgedoen oornag (skelm blikskottels het die band afgeblaas) en ‘n tweede band het ook ‘n sny opgedoen – ek was voorbereid: een noodband agter in die motor en ‘n tweede in die garage (as mens bly waar ek bly, dan is jy altyd op jou hoede). ‘n Oproep en twintig minute later, was die motorhandelaar se noodbystand manne by my om die bande om te ruil. Dit is deel van my motor se 7-jaar diensplan, vir ‘n skamele R2.65 per maand ekstra. Soos Sarie verder sê: wat daarna gebeur, is noodlot. Ek sou egter met my vuurwapen in die hand, op die agterste sitplek in die middel gaan sit het – en soos daai vensterglas gespat het, so sou die koeëls agterna getrek het ………..

Tolsie ·

Ek ruik ‘n rot – sorry maar ek is maar altyd agterdogtig. Verkeerde tyd – verkeerde plek en wil nie ‘n saak maak nie??? Ek gooi nie klippe nie – ek haat dit om petrol in te gooi! Dankie Vader ek het nog nooit gaan staan nie.

Anika ·

Ag bollie Mnr. Gwala. Ons het een aand ‘n tref en trap aanskou op die N3 – ongeveer 1.5 km van die polisiestasie by Vosloorus. Die persoon het langs die pad gelê en gekrul van pyn. Omdat dit so gevaarlike plek/pad is, het ons ons flikkerligte aangesit en langs die pad waggehou by die beseerde persoon. Ons het die polisie gebel in Vosloorus – raai wat – die beseerde het naderhand in die veld gekruip en oor ‘n heining gespartel tot by die naaste huise – na ongeveer ‘n driekwartuur!! Toe ry ons ook maar – so bel maar die polisie en sien wat gebeur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.