Vrou beseer haarself met pyl en boog

Foto: ER24

ʼn Vrou (37) is na ʼn hospitaal gehaas ná sy ʼn ernstige wond in haar bors opgedoen het met ʼn pyl en boog. Die wond is self toegedien.

Annine Siddall, woordvoerder van ER24, het gesê hul paramedici het die vrou aangetref waar sy op haar sy in ʼn badkamer in Norkem Park in Kempton Park gelê het.

“Die pasiënt het onmiddellik gevorderde lewensondersteuning ontvang voor ons haar per helikopter na Mediclinic Midstream vervoer het,” het Siddall gesê.

Die presiese omstandighede rondom die voorval is nog nie bekend nie en sal deel uitmaak van die polisieondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Lollie ·

Sy moet liewer eers gaan vir lesse. Sy is ń gevaar vir haarself en wou dalk die ding gehad het vir selfverdediging.!

Ouvrou ·

Ek kan nie sien hoe jy jouself kan raakskiet met pyl en boog nie en dit nogal in klein spasie soos badkamer

Scalla ·

Ouvrou, mskien was die boog reeds gespan voor sy in die vertrek in is. Die waarheid sal seker uitkom.

CAROL ·

wat maak mens met n pyl en boog in die badkamer???? Dalk wou sy n selfie neem!!! (lol)

adele ·

Dis so jammerte dat mense altyd net negatiewe kommentaar kan lewer. Niemand weet wat daar gebeur het nie. Bid eerder dat sy dit oorleef en bid vir die gesin

ANDRE ·

Self toegediende wond in bors ??? Hoe de vet kry jy dit reg met n boog , geen mens het sulke lang arms om n boog agterstevoor te trek nie . Was dit nie dalk n kruisboog nie ?

Le Celia ·

Ongelooflik om die ongevoeligheid van mense te lees. Dit is duidelik dat sommige uit onkunde praat. Ek sou graag wou sien hoe lyk die boog waarmee sy haarself kon geskiet het.

My vraag, hoe skiet jy jouself met n pyl en boog? Die vrou moes bonatuurlik sterk gewees het. Hier is verseker n slang in die gras! Hoop die polisie kry die slang!

charl ·

gee vir haar I kruisboog hy werk beter .dan moet iemand ook vir haar leer hoe om veilig met hom te werk .ek se jy moet erder gaan vir I kruisboog sy kan dit gebruik vir selfverdediging .en jy het nie I lesensie nie

Annie ·

Boogskiet is ‘n baie gespesialiseerde sport en jagmetode, en word dikwels deur onkundiges afgemaak as nietige-nikswerd-kom-ons-kyk-hoe-werk-dit foefie. Daarom gebeur ongelukke (jag of persoonlik), en ongelukkig ly die sport se naam daaronder.
‘n Boog word selektief en spesifiek opgestel vir elke skut (voornemend of professioneel) wat betref trekkrag en treklengte en dan word pyle volgens bogenoemde vir watter bepaalde doel (jag of teikenskiet) gekies.
Ek wil ook waarsku dat selfs n boog wat vir kinders bedoel is trefkrag mag hê om iemand te ernstig te beseer in die hande van n onkundige persoon.
Hieruit sal u aflei dat ek self boogsport beoefen en ek wil vra kom asseblief uit by kundiges by jou plaaslike boogwinkel om te help, sou u belangstel om boogskiet as sport of jagmetode te oorweeg.
Sterkte aan die dame met die beserings. Mag sy spoedig genees en kundige hulp inroep m.b.t boogskiet

Ronman ·

seer sekerlik met kruisboog geskiet…. of Cupid het maar net die liefdes pyl met ñ monster van ñ boog geskiet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.