ʼn Vrou is Vrydagaand in Waterkloof Glen in Pretoria beseer nadat sy met ʼn mes aangeval is.
“Die 29-jarige vrou was in ʼn kritieke toestand toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Sy is na ʼn hospitaal geneem vir dringende mediese behandeling.”
Die polisie stel ondersoek in.
Die vrou se naam is nog nie bekend gemaak nie.
Ek hoop hulle vang die skurk!!!
Weet iemand al of die moordenaar(s) van Chris Orban van so 2 weke gelede in Banketstraat Waterkloof, al gevind is?
Het julle al enige fotos van die vrou wat aangeval is want my vrou is al nege dae al vermis as iemand kan uitvind asb laat weet my dringend