Vrou beseer ná aanval op Rayton-kleinhoewe

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 32-jarige vrou sterk aan in die hospitaal ná ʼn aanval op ʼn kleinhoewe Saterdagaand in Elandshoek net buite Rayton in Gauteng.

“Die vrou was alleen by die huis met haar nege maande oue baba en het omstreeks 20:50 sit en televisie kyk,” het konstabel Connie Moganedi, woordvoerder van die polisie, aan Maroela Media gesê. “Die deur was toe, maar nie gesluit nie, toe twee mans, vermoedelik middeljarig, die huis betree en ʼn vuurwapen op haar gerig het. Hulle het haar gedreig. Sy het probeer om om hulp te skree, maar is met die agterkant van die geweer geslaan en is aangesê om stil te bly.”

Volgens Moganedi het die vrou gesigbeserings opgedoen. Die vrou het harsingskudding opgedoen en haar wangbeen is moontlik beseer.

“Die aanvallers het ʼn selfoon en juwele gebuit, ʼn skoot afgevuur en van die toneel gevlug.”

Maroela Media verneem die twee aanvallers het in die rigting van Pumzile- informele nedersetting gevlug. “Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie. Die polisie se ondersoek duur voort,” het Moganedi bygevoeg.

Moganedi het bevestig die baba is ongedeerd.

Lt.kol. Maqhawe Simon Dhladhla, Cullinan-stasiebevelvoerder, het die aanval ten sterkste veroordeel. Hy het die vrou besoek ná die aanval. “Geen steen sal onaangeraak bly om die gevoellose oortreders aan te keer nie en vergaderings met boere en inwoners sal deurlopend voortduur,” het hy gesê.

Hy moedig alle boere en plaasinwoners aan om saam met die polisie te werk om dié vreeslike voorvalle te voorkom en raai die gemeenskap aan om by die buurtwag of plaaslike gemeenskapspolisiëringsforums aan te sluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Susan ·

So jammer vir die vroutjie.
Vertrou sy herstel ten volle.
Sodra ons begin betaal vir inligting wat tot arrestasie en skuldigbevinding gelei het sal misdaad begin afneem.

Skybird ·

Alleen, tyd van dié nag, deure nié gesluit! Ai toggie.
Bring Kommando’s terug om ons mense te help !

Sam ·

Ek KAN nie glo mense los hulle deure OOP en sluit dit nie. Klink asof die polisie ten minste omgee en dit tel baie.

ASB Maroela Media, skryf ‘n artikel vir die mense in Suid Afrika hoekom hulle hul deure TOE en GESLUIT moet hou saans. Veral bejaarde mense begin dink ag niks sal met my gebeur nie. Die grootste reël is om NIE uit te stap om te gaan KYK wat buite aangaan nie. KAN julle asb so tipe berig plaas VERAL omdat mense dink hulle is veilig. Elke liewe geval kan mens lees mense sluit hul deur OOP om te gaan kyk. Jinne, bel jou buurman om by sy venster uit te kyk as dit kan help.

Rest my case ·

Ek kan nie glo mense sluit vandag nie meer hulle deure nie. Regtig dis RSA nie NZ of ander veilige lande nie en in elk geval is mens nerens meer veilig nie. Of die beste is mense sluit die deur oop om buite te gaan kyk as hulle iets hoor. Bel jou buurvrou om by hul vensters uit te kyk en beskerm mekaar.

PMB ·

Die arme vrou. Die boewe moet met dieselfde minagting hanteer word! Neem weg hulle regte want hulle ontneem hul slagoffers die reg om nie aangerand en seer gemaak te word nie!!!! Mag hulle spoedig aangekeer word!

Leo ·

Daai township is onwettige en net vol buitelanders. Heroin is n baie groot probleem daar. Wonnder waneer gaan hul iets doen hieroor

Willie ·

Volksmoord! Mense word wakker, niks verander nie, ons is vrye mark …..

Susan ·

Rerig?? Alleen op `n plot met `n baba en die deur is nie gesluit nie?? Sy het haarself en haar baba in gevaar gestel, niemand anders kan blameer word nie die mense is oppertuniste en het gesien sy is alleen en hulle kans gevat en sy het dit maklik gemaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.