ʼn Vrou is Woensdagoggend beseer nadat rowers op ʼn winkelsentrum in Clermont in Pinetown, KwaZulu-Natal, toegeslaan het.
Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, was daar glo ʼn poging om ʼn kitsbank by die winkelsentrum in Zaziweg op te blaas.
“Die vrou is glo beseer toe sy die ná die ontploffing geval het toe sy wou weghardloop,” het Meiring gesê. Sy het geringe beserings aan een van haar bene opgedoen en is met ʼn ambulans na die St. Augustines-hospitaal geneem vir verdere behandeling. Hy het gesê geen ander beserings is aangemeld nie.
Kol. Jay Naicker, provinsiale polisiewoordvoerder, het by navraag aan Maroela Media gesê ondersoekbeamptes is steeds op die toneel en inligting is nog skaars.
“Sowat tien verdagtes het omstreeks 07:30 ʼn bestuurder by die sentrum met gewere aangehou en op kontant aangedring,” het Naicker gesê.
Die verdagtes het met ʼn onbekende hoeveelheid geld in ʼn wit Toyata dubbelkajuit bakkie van die toneel gevlug.
Die ontploffing was glo onsuksesvol en geen skote is gevuur nie.
Die KwaDabeka-polisie ondersoek ʼn saak van sakeroof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Dit is nuut dat rowers nou mense met gewere aanhou. Gewere is tog groot en kan nie weggesteek word wanneer in die straat daarmee.
Kyk hulle is so vreesloos en arogant, dat hulle more met iets ergers sal opdaag.
Daar is nie keer aan die klomp skelms nie.
Want die SAPD is nog groter skelms, DIS WAAROM!
Meer waarskynlik ‘n berigskrywer wat nie die verskil tussen pistol, rewolwer en geweer ken nie.