Vrou beseer toe bakkie skielik deur muur ploeg

Foto: ER24

ʼn Vrou het verskeie beserings opgedoen nadat ʼn bakkie Saterdagoggend skielik deur die muur van haar huis naby die Inandadam naby Durban geploeg het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê die 57-jarige vrou was glo in die bad toe die voorval omstreeks 06:30 gebeur het.

“Met paramedici se aankoms op die toneel het ons die bakkie gevind waar dit gedeeltelik deur een van die mure van die huis gery het. Die vrou wat in die badkamer was, is deur stukke van die muur getref en het verskeie beserings opgedoen,” het Vermaak gesê. Die vrou is op die toneel behandel voordat sy na ʼn hospitaal geneem is.

Foto: ER24

Volgens Vermaak is die bestuurder van die bakkie nie beseer nie. Dit is nie duidelik wat veroorsaak het dat die bakkie die pad verlaat en teen die huis vasgery het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Cherokee ·

So, mense moet maar versigtig wees wanneer hulle bad om nie omgery te word nie. Verf maar ‘n ononderbroke lyn buite jou slaapkamer.

Cherokee ·

Maroela, ek merk op dat julle nou meer gereeld Durban en res van KZN-nuus het. Dit wil lyk asof julle ‘n korrespondent het hier.

Gevolgtrekking ·

Ek kom tot die gevolgtrekking dat daar opwindende nuus is in daardie kontrei, dalk soveel dat jy ook ‘n aanstelling sal kry maar alleenlik waar wit- en swart kleure nie van toepassing is.

Cherokee ·

Sou nie belangstel nie. Het eenmaal ‘n wenk deurgegee na Maroela en dit was nie opgevolg nie terwyl byna al die ander media-huise, Engels sowel as Afrikaans, dit die volgende dag gedra het.
Nie weer die moeite gedoen nie.

zoom zoom ·

Die spreekwoord val met die deur in die huis word vervang met val met bakkie in badkamer.

Scalla ·

KZN bestuurders is geneig om huise raak te ry, in Gauteng is dit bome

Gevolgtrekking ·

Die perd kan ook die ruiter beheer omdat daar ook ‘n verstand tussen die ore is maar die ‘verstand’ tussen die modderskerms word beheer deur die ‘ruiter’ agter die stuurwiel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.