’n Man is dood en ’n jong vrou ernstig beseer nadat die man vroeër geskiet is en deur ’n heining in Claremont in die weste van Johannesburg gebars het.
Russell Meiring, woordvoerder van ER24, sê paramedici is Dinsdag om 13:48 na Princessweg ontbied nadat ’n man deur ’n heining gejaag en ’n vrou in die proses raakgery het.
Die man, in sy vyftigs, is met paramedici se aankoms met ’n skietwond in die bestuursitplek van sy motor aangetref. ’n 19-jarige vrou is in ’n kritieke toestand in die tuin gevind.
Die man het op die toneel aan sy wond beswyk en is dood verklaar. Die vrou is op die toneel behandel voordat sy na die Helen Joseph-hospitaal in Aucklandpark gehaas is.
Meiring het die voorval as ’n fratsongeluk bestempel.
Die toepaslike owerhede was gistermiddag op die toneel om ondersoek in te stel.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
10 Kommentare
Hoe kan dit as ‘n frats ongeluk beskryf word as die man ‘n skietwond het?
JP Vrae dit dit is mos dan moord ondersoek dan vir moord
Dit is misdaad Cele, nie n surfer op n strand waarvoor jy die weermag nodig het nie.
Vra ek ook JP?
Nee oooh jinne sonnebokke….. die frats ongeluk wat hulle van praat is die meisie wat raak gery is, want sy was toevallig op die verkeerde tyd en die verkeerde plek nadat die man geskiet en nog bestuur het en tien teen een bewusteloos geraak het of dood is voordat hy haar getref het, so dit het dus die ongeluk veroorsaak. So die skietery was nie die frats ongeluk nie, die tref van die meisie was.