Vrou beseer toe sy in berg vasry

Die ongelukstoneel in die Outeniekwapas op 9 Julie 2016 (Foto: ER24)

Die ongelukstoneel in die Outeniekwapas op 9 Julie 2016 (Foto: ER24)

ʼn 24-jarige vrou is Saterdagoggend beseer toe sy met haar nutsvoertuig in ʼn berg vasgery het in die Outeniekwapas in George, Wes-Kaap.

“Ooggetuies het die voorval sien gebeur en twee noodvoertuie van ER24 en Metro Rescue is ontbied,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê. “Die vrou is reeds uit haar motor gehaal toe paramedici by die toneel aangekom het.”

Die vrou het matige beserings opgedoen en sy is na Mediclinic George geneem vir verdere behandeling.

“Die vrou het later aan paramedici gesê sy het beheer verloor oor die voertuig, die berg getref en die motor het omgeslaan.”

Plaaslike owerhede was op die toneel en stel verder ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Erf Wetter ·

Darem klink dit of die meisie goed sal herstel, maar mens lees al hoe meer van gevalle waar omstanders selfs ernstig beseerdes uit motorwrakke haal voordat paramedici opdaag. Is dit nie uiters gevaarlik nie? Dalk kan ‘n medikus ‘n professionele opinie hieroor gee?

Gerry ·

Beslis gevaarlik, tensy die voertuig brand, of die persoon self probeer uitklim. Maar elke ongelukstoneel is nie dieselfde nie, en ons weet nie of die bystanders mediese kennis gehad het nie. Wat my nou nog na jare kwel is ‘n ongeluk waarna ek en die reddingsspan uitgeroep is… By aankoms het Golf gerol op N2 oorkant plakkers. Drie jong mense het netjies op ‘n steep langs wrak gele – uitgepluk sodat die “mense” die kar radio, bagasie ens kon plunder. Twee van die drie was by aankoms oorlede. Nog vele sulke stories…..

Wat-ek-lees ·

Jy hoef slegs basiese kennis te hê van noodhulp om te weet dat dit uiters gevaarlik is om iemand te beweeg hetsy in- of buite ‘n voertuig of enige ander soort van ongeluk. Selfs al lê die persoon ook in enige snaakse posisie is dit gevaarlik om enige deel van die liggaam te wil ‘reg draai’. Alleenlik wanneer die persoon besig is om te verstik/versmoor kan jy asemhaling verbeter deur die persoon op sy sy te draai maar dan ook uiters versigtig of die ongelukstoneel besig is om in vlamme op te gaan dan kan jy hom/haar verwyder.
Ook om ‘n persoon na ‘n hospitaal te vervoer kan groot risiko’s vir jou inhou.
Dalk kan ‘n mediese persoon meer inligting verstrek want hierdie is ‘n baie goeie vraag wat ‘n volledige antwoord vereis.

Wern ·

Ek is nie gekwalifiseerd om enige opinie hier te gee nie maar ek het al paar keer gesien hoe mense wat nog geleef het nie geskuif is uit die pad nie omdat dit gevaarlik is vir rugbreek, en dan ry spoedvrate bo oor hulle. My leke opinie is om wel te verwyder as daar doodsgevaar is.

Karma ·

@Erf Wetter, So-lees-ek-maar en Wern: baie waar. Tensy enige persoon wat in ‘n voertuig ongeluk was in werklike fisiese gevaar is, soos bv. waar die voertuig aan die brand kan slaan (met vonke/vuur reeds aan die gang of brandstof wat uitlek) of waar die persoon op ‘n gevaarlike plek lê (bv. in die pad, om ‘n draai) VERWYDER MENS NIE DIE PERSOON UIT DIE VOERTUIG NIE. Tensy jy hulp, het en ‘n ervare of gekwalifiseerde EMT is. Eerstens is daar die risiko dat jy enige besering wat daar reeds is, kan vererger (bv. ‘n rugbesering wat deur die aksie van trek of stoot tot paralise kan ly) of ‘n indring-wond wat tot verergering van bloedverlies kan lei. As jy sou besluit om enige beseerde persoon se beserings vererger daardeur of die persoon kom tot sterwe, kan jy regsaksie in die oë staar. Dus, ontbied hulp en lewer basiese noodhulp en ondersteuning, maar moet eerder nie iets doen wat jy later dalk kan berou nie. Sterkte aan die dame met die herstel proses!

Karma ·

“Skuus … die tweede laaste gedeelte van my kommentaar maak nie goed sin nie. Dit moet lees: “As jy sou besluit om enige beseerde persoon in jou voertuig te laai en hospitaal toe te neem en daardie beseerde persoon se beserings vererger daardeur of die persoon kom tot sterwe, dan kan jy deur regsaksie in die oë gestaar word”.

Kesto ·

Beheer verloor is n menslike fout. Meestal foon maar soms ook musiek verander, omkyk, na ander, drank, moeg, slaap. Berge spring nie voor karre in nie.

Dawie ·

Die berg het seker gemaak soos ‘n boom en net voor die kar ingespring.

Buitestander ·

Ja, nee onervare bestuders wat moet spoed die draaie neem kom gewoontlik 2de.
Ek het ‘n slinter nuwe motor persent gekry van belasting geld nou kan ek spog met dit!!!

johann cb ·

Hierdie tipe ding kan enige persoon oorkom, ongeag hoe ervare jy bestuur of hoe ryk of arm jy is. Ry gerus net stadiger. Dit werk gewoonlik, veral in ‘n pas.

Joann ·

Ek ken die pas maar ek respekteer hom. Dit is nie vir spoedvrate nie

Indigo ·

Dit kon dalk swart ys ook gewees het, ons sal nie weet nie, dit is baie koud deur daardie pas en veral in die winter…

Rina Kotze ·

Ek is so dankbaar die dame se lewe is gespaar. ‘n ongeluk gebeur in ‘n oogwink.
Sy kon dood gewees het as ek so na die voertuig kyk.
Ek is so maand terug deur die pas na ‘n troue in die Oos-kaap.
Ek is maar versigtig daardeur en is altyd dankbaar wanneer ek veilig by my bestemming kom.
Wens haar ‘n spoedige herstel toe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.