Vrou beseer toe sy van perd afval

Argieffoto: ER24

ʼn 62-jarige vrou is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal nadat sy Vrydagoggend in Randjiesfontein in Midrand, Gauteng, van haar perd afgeval het.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, is paramedici omstreeks 07:15 na die toneel ontbied. By hul aankoms op die toneel het hulle die vrou in die middel van die pad aangetref.

“Die vrou was in ʼn ernstige toestand en het talle beserings aan haar bors opgedoen,” bevestig Meiring.

Paramedici het die vrou op die toneel behandel voordat hulle haar per ambulans na MediClinic Midstream geneem het vir verdere mediese behandeling.

Die omstandighede rondom die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

DieKriek ·

Mens ry nie alleen perd nie. Dis hoekom ek moes ophou perdry. Baie sterkte aan die dapper dame.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.