Vrou beseer toe trein motor tref

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Vrou is beseer toe ʼn passasierstrein haar motor Dinsdag in Stellenbosch in die Wes-Kaap getref het.

“Die vrou het matige beserings opgedoen,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Sy is op ʼn draagbaar geplaas om haar rug te ondersteun en na ʼn hospitaal geneem.”

Ooggetuies het aan paramedici gesê dit wou voorkom of die vrou nie die aankomende trein gesien het nie. Die ongeluk het in Bottelaryweg in Stellenbosch gebeur.

Nie een van die passasiers op die trein is beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.