Vrou beseer tydens petrolbom-aanval in Pretoria-Spar

(Foto verskaf deur Best Care)

ʼn Tuisverpleegster, vermoedelik in haar 70’s, is Woensdagmiddag beseer toe ʼn petrolbom in ʼn Spar in Les Marais in Pretoria se Moot-gebied ontplof het.

Xander Loubser, van Best Care-nooddienste, het gesê die petrolbom is by die ingang van die winkel ingegooi en het ‘n brand veroorsaak. Die voorval het omstreeks 15:25 plaasgevind.

“Die vrou het eerstegraadse brandwonde aan haar been opgedoen,” het Loubser gesê. Sy is vir pyn en skok op die toneel behandel deur Ambu-Link en daarna na ʼn nabygeleë privaat hospitaal geneem.

“Die situasie is onder beheer en word tans ondersoek,” het Loubser bygevoeg. Volgens hom was die SAPD, brandweer en nooddienste baie vinnig op die toneel.

Annelien Harvey, ʼn vrywilliger van TEAM, wat gemeenskapspolisiëringsforums (GPF) en sekuriteitsmaatskappye en lede van die SAPD insluit, het gesê SDS-sekuriteit en Brinant-sekuriteit het vinnig reageer op inligting dat die verdagte in ʼn rooi Opel Astra van die toneel gevlug het. “Hulle het hom opgemerk waar hy in 4de Laan naby Laerskool Boerefort in ʼn erf ingery het. Ná ondervraging het hy skuld beken en hy is aan Wonderboom SAPD oorgegee en hy is in hegtenis geneem.”

Maroela Media wag vir terugvoer van die polisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Persheks Adri ·

Klink soos terrorisme vir my! Wat op dees aarde gaan aan in die land? Gaan beslis Maroela dop hou om te kyk wat is die aanklagte vir die ou.

LD ·

Joh! Om watse rede wou hy nou so iets doen!? Dis skrikwekkend, dink jy gaan gou ñ brood en melk koop dan word jy binne ñ winkel gebom!!

Mallie ·

Vader wees ons asb alma genadig. Dit klink soos iets in die vroee 1980

Werner ·

In die vroe 80’s het ons veiligheids magte gehaad wat die tipe van ding kon hok slaan.Nou het ons niks sal baie erger word as destyds.

Regverdigheid ·

Siek verby wat gaan aan met die mense… maak mens kwaad onskuldige mense wat seer kry hoop hy word swaar gestraf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.