Vrou beseer tydens plaasaanval in Ladybrand

Argieffoto

Argieffoto

Hazel Meier (65) ontvang behandeling in die hospitaal nadat sy gesigbeserings opgedoen het tydens ʼn plaasaanval in die distrik Marseilles in Ladybrand in die Vrystaat.

Kapt. Phumelelo Dhlamini, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig die aanval het Saterdagaand omstreeks 18:30 plaasgevind. “Sy is met ʼn bottel geslaan en het gesigbeserings opgedoen,” het hy gesê.

ʼn 24-jarige man is reeds in hegtenis geneem in verband met die voorval. Hy sal Maandag in die Ladybrand-landdroshof verskyn, het Dhlamini bygevoeg.

Volgens hom het die aanvaller ʼn skuifdeur oopgebreek om toegang tot die huis te bekom. “ʼn Televisiestel is tydens die aanval gesteel. Die polisie het reeds beslag gelê op die televisiestel,” het hy verduidelik.

Meier was alleen in die huis toe sy aangeval is.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het in ʼn verklaring gesê paramedici is na ʼn dokter se praktyk in Ladybrand ontbied om bystand te lewer met ʼn pasiënt. “Die vrou het ernstige gesigfrakture opgedoen. Sy is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het Vermaak gesê.

Volgens Vermaak het Meier se familie haar in die plaashuis gevind en met haar na die dokter se praktyk gehaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Raymond Bastone ·

Kyk nou wanneer gaan hulle met die plaas aanvalle stop te erg is te erg

Cherokee ·

Het ‘n dokter die vrou verwys na ‘n paramedikus of is hulle ontbied om haar na ‘n hospitaal te vervoer of is hulle, soos berig word, ontbied om die arts by te staan met die behandeling?

marlene ·

Iewers moet die regering nou inspring en daadwerklik iets begin doen. Dis onaanvaarbaar dat bejaardes wat hulself nie meer kan verdedig op so ‘n geweldadige, wrede manier tot hul einde kom. My hart gaan uit na die families van hierdie mense. :( :(

annoniem ·

Hierdie mense gaan nie ophou nie, so ons sal moet wakker word en self iets doen,,,,,

M'Lady ·

Mense die regering gaan niks doen nie want dit is deel van hulle plan. Gaan lees maar die ANC se “Freedom Charter”. Aangesien hullle nie die beloftes gemaak hierin kan nakom nie laat hulle dit nou maar aan hulle volgelinge oor. Die wat gedink het die DA sal optree is ook om die bos gelei.

Bruno Stef ·

n Blanke dame is vanoggend op n plaas in die Ventersdorp distrik aangeval en vermoor.Die boere en die buurtwag het die misdadigers wat op die vlug geslaan het aangekeer 3 in totaal en n 4de nog soek.Kan Maroela asb dit opvolg en die volledige feite vir ons bekom .

m ·

dis nou elke dag n plaasaanval… Duidelik word hier met n plan gewerk….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.