Vrou beseer tydens renstel-ongeluk

Argieffoto (Foto: Günther Mayrwöger/Pixabay)

ʼn 37-jarige vrou is Sondagmiddag ernstig beseer toe sy beheer verloor het oor haar renstel (“Go-kart”) by ʼn renbaan in Lekkerhoekie, noord van Centurion.

Ross Campbell, woordvoerder van ER24, het gesê die vrou het teen ʼn versperring gebots en is met ʼn stuk staal deurboor.

“Paramedici het omstreeks 15:20 by die toneel opgedaag en die omstanders het reeds die stuk staal verwyder. Sy het ʼn wond van sowat 15 cm gehad. Sy is op die toneel gestabiliseer voor sy na ʼn privaat hospitaal geneem is vir verdere behandeling.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Annelize

Jy verwyder nooit maar nooit enige objek wat iemand deurboor het, soos in hierdie geval spesifiek, self nie.

Jy weet nie of are of bloedvate beskadig is nie. Die objek keer dalk bloeding, en verwyder jy dit, gaan die persoon dalk in so mate aan die bloei, dat dit sy of haar lewe in gevaar stel. Los dit eerder vir die mediese personeel.

Hoop die vrou herstel volkome.

Remlut

Swak veiligheid by Lekkerhoekie ? Is die versperring stuk staal wat mens deurboor ?

Is jy seker?

Lekkerhoekkie gaan ‘n lekker siviele eis kry. Hoop hul publieke versekering is op datum. Al is daar “Disclaimers”, lees dit asof daar nie genoeg voorsorg getref was nie. Daar kan en mag nie staal uitsteek nie. As sy teen ‘n ander go-cart gebots het een seergekry het is dit ‘n ander saak.

Belinda

Sjoe maar die antie is wild, of sy kan nie bestuur nie en om dan so iets aan te durf. Die spoed is ook nie sooo hoog nie, baie interessant.