ʼn Vrou is ernstig beseer nadat sy Dinsdagmiddag uit ʼn trein tussen die Durban- en Berea-stasie in KwaZulu-Natal gespring het.
“Dit is nog nie duidelik waarom die vrou gespring het nie,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Sy het ernstige beserings opgedoen. Paramedici het haar op die toneel behandel voordat sy na ʼn hospitaal geneem is vir verdere behandeling.”
Die polisie stel ondersoek in.