Die jong vrou wat Dinsdag deur ʼn leeuwyfie by ʼn lodge in die Cullinan-omgewing, oos van Pretoria, verskeur is, het ʼn vriendin met ʼn skoolprojek gehelp toe sy aangeval is.
Konst. Connie Moganedi, woordvoerder van die Cullinan-polisie, het Woensdag aan Maroela Media bevestig die 22-jarige vrou is omstreeks 11:00 deur ʼn leeuwyfie aangeval en verskeur.
“Die slagoffer het die wildsplaas saam met ʼn vriendin besoek om haar met ʼn skoolprojek by te staan aangesien sy bekend is met die gebied. Die vroue was êrens op die wildsplaas op pad terug na hul voertuig toe die leeu haar aangeval het,” het Moganedi gesê.
Moganedi het gesê meer inligting oor die voorval is tans skraps en omstandighede rakende die aanval word ondersoek. “Die vriendin is nie beseer nie, maar was baie getraumatiseerd.”
Paramedici van Netcare 911 het die vrou op die toneel dood verklaar. Omstanders het reeds met kardiopulminêre resussitasie (KPR) begin voor paramedici by die toneel opgedaag het.
Volgens Moganedi doen die polisie ʼn geregtelike doodsondersoek en is die vrou se liggaam na ʼn lykshuis gestuur vir ʼn nadoodse ondersoek.
Die naam van die vrou, wat in die Pretoria-omgewing woon, kan nog nie bekend gemaak word nie.
Moganedi het gesê dit is nie dadelik bekend of die leeu van kant gemaak is of gaan word nie.
‘n Dier wat ‘n mens doodmaak moet doodgemaak word. Dit staan so in die Bybel en dit is reg. Die mens heers oor die skepping. Vra eerder wat leeus in kampe doen. Hy moet in ‘n wildtuin aangehou word. Dan ook ontwikkel leeus ‘n ‘smaak’ vir mense en daarom moet sulke leeus doodgemaak word. Ek respekteer iemand met ‘n ander standpunt.
Waar in die Bybel?
@louE, nie n kamp nie maar in wildtuine AANGEHOU, nee nee, as jy so wil werk, dan moet hulle op vryevoet wees. Die mensdom moet vir hulle self dink, jy kan nie rondloop nie, reel nr1. eenvoudig.
Hulle was nie in ‘n leeukamp nie hulle was by ontvangs
Moenie aannames maak voor jy nie die feite ken nie. Dis iemand se kind en baie ander se vriendin. Dis ‘n verskriklike ding wat gebeur het en ons kan die familie net sterkte toewens met die groot verlies in hulle lewens.
Ideale forum om ons dan van die feite te vergewis.
Dit is ‘n baie slegte ding wat gebeur het en maar sleg vir die ” the lion whisperer” hulle ook. Rus in vrede dame.
Ek het gehoor dit was n luiperd nou weer n leeu?