Vrou betaal rekening ná vernedering op sosiale media

'n Skermskoot uit die kringtelevisiebeeldmateriaal.

‘n Skermskoot uit die kringtelevisiebeeldmateriaal.

Die voorval waarin twee mense van Kaapstad summier by ʼn gewilde restaurant uitgestap het sonder om die rekening te vereffen, het nou ʼn nuwe wending geneem.

Die voorval het Saterdag plaasgevind en beeldmateriaal van kringtelevisiekameras is hierna wyd op sosiale media gedeel.

Sacha Geere het ná die video aan die lig gekom het na vore gekom en erken sy is die vrou in die video. Sy het egter die skuld op die man, Kyle Botha, gepak en aangevoer dat hy geweet het sy het nie geld om die rekening te betaal nie.

Celeste Perry, een van die eienaars van The Fat Cactus-restaurant in Tuine in Kaapstad het Dinsdag gesê Geere het haar intussen kom sien en die rekening van R1 300 vereffen en ook ʼn fooitjie gelaat. Volgens Perry het Geere ook om verskoning gevra.

“Ons gaan nie die geld van die kelnerin se salaris aftrek nie, en sy kry steeds haar fooitjie,” het Perry gesê. “Mense besef nie dat dit (onvereffende rekeninge) gewoonlik van die kelners se salarisse afgetrek word nie.”

Perry het gesê Botha het Maandagaand gebel en gevra dat hulle die Facebook-plasing van die video moet verwyder en dat hy hulle sal kom betaal. Dit het nooit gebeur nie.

Perry het die media-gehoor op Facebook bedank en gesê sy gaan nie ʼn saak aanhangig maak nie omdat sy voel die vernedering van die video wat soveel keer al gekyk is, genoeg straf is. “Dit het meer vir my oor die beginsel gegaan as die geld.”

Volgens Perry sou hulle nie die geld teruggekry het nie as dit nie vir sosiale media was nie, en het daarom besluit om dit aan die Santa Shoebox-projek te skenk.

“Hopelik dink mense in die toekoms twee keer voordat hulle so iets in enige restaurant doen,” het Perry gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

MM ·

Dis reg betaal jou rekening. Jy sit in elk geval ook nie so in
n restaurant nie.

Stem Saam ·

MM ek stem 100% saam waste ordentlike dame sit so op ‘n stoel en dit nog in ‘n restaurant!

Asjas ·

Klink my sy is ook nie meer so geheg aan die Botha soos sy daar in die foto was nie ;-)

Twee mense? R1,300-00 wat het julle ge-eet? Goud?

Jan ·

Was dit nie op die stoep nie, en baie informeel??? En was dit ‘n restaurant?

Inge ·

Skuus, ek weet hierdie is nie eintlik van toepassing nie, maar hoekom moet die kelner vir onvereffende rekeninge betaal? Hulle is dan onskuldig! Nee wat, dit klink nie vir my reg nie.

Michelle ·

Gewoontlik vereis die eienaars dat die kelners hulle tafels dophou. Dis hoekom die geld Dan van die salaries afgetrek word as die mense net verdwyn.

Francois le Cochon ·

Die gasvryheids bedryf is een van die mees ongenaakbaarste bedrywe om in te werk.
Werkers in hierdie bedryf word kwaai uitgebuit.

Engela ·

Inge ongelukkig is dit hoe dit werk. Ek voel diep jammer vir die kelners van oral oor. Ek moes al R500 vir my dogter neem omdat mense deurnag gesuip het om dit so kras te stel en nie hulle rekening vereffen het nie. Lw dit was in die 90’s so hulle het lekker gekuier. Ek stem ook saam elkeen die dametjie se manier van sit in ‘n openbare plek was uiters swak. Ek kon net staar!

Denise ·

Hulle eet te heerlik en dan wil hulle nie betaal nie SWAK en dan het die jong dame geen tafel maniere !!!

Drieka van der Linden ·

Ek onthou toe my seun hard gewerk het na skool tot laat aand. ‘n familie het kom eet by Spur. Hy het afgestap om rekening te gaan haal. Toe hy terug kom was almal weg. Hy moes nog baie aande werk om die geld terug te gee. Dit maak mens woedend.

Louise ·

MM – Ek stem saam dat mense geen skaamte het nie.
Waar is die waarde en repske heen in ons lewe, nee wat!
Ek kom nou die dag by n bekende resturant wat stamo vol is en daar is n man op sy henne party en hy moet 7 goed doen saam vroue met verskillende hare soos ek kon hoor en een van die goed was n shooter drink uit iemand se naeltjie uit en die VREEMDE vrou spring net daar op en doen dit. Ek gee nie om hoe jy sit en wat jy doen in jou privaatheid nie. maar in die publiek, nee man.

jaco ·

WAT eet net twee mense in ‘n restaurant dat dit R1300 kos?

sarie ·

presies wat ek wil weet
wat de hel?
ek kan my hele gesin uitvat vir R1300
miskien was daar baie duur whiskey en kreef betrokke?

No good ·

Tog dink ek was die media dekking effektief gewees, ek dink dit moet meer male gedoen word. Weereens, ek verstaan sy is skaam en wil dit afgehaal he, maar tog het sy geweet hulle het die plek verlaat SONDER om te betaal, dis mos net nie aan nie, R1300 is ‘n groot bedrag dis nie asof hulle net met ‘n koeldrank weggeloop het nie. Dankie dat jy betaal het, ek hoop net jy het die OU gelos.

m ·

Ek dink nie die 2 het beplan om vir die duur ete te betaal nie. Het seker gedink hulle gaan wegkom daarmee…

charlene ·

Ek hoop die is `n begin vir ALLE eet/drink plekke!
As iemand loop sonder om te betaal – laai dit op facebook, dis `n goeie idee. En ek sal ook sê dis reg. Daai kelners werk hulle ore mik vir `n baie klein salaris en is heeldag op hulle voete. Die wat sulke goed van hulle salaris afgtrek word is onsin! Nee wat. Al 2 moes nie so baie geeet en gedrink het nie, veral as hulle albei weet hulle het nie geld nie. Bly dan eerder by die huis.

Rbee ·

Ergste van alles sy ken nie eers die man saam wie sy sit nie, lees haar storie op capetalk.co.za

hans ·

Gewone kriminele wat uitgevang is.Ek sal hulle fyn dophou en glad nie met hulle vriende wil wees nie.

Eie mens wees ·

Kom nou mense die vrou is mos vol geklee daar is niks wat uithang of wys nie en soos ek kan sien is daar nou nie n hele lot mense om hulle nie n mens gaan eet uit om te ontspan en om rustig self te wees en as n mens n paar drankies geniet het dan is n mens mos nooit 100% by hul self nie niemand gaan vir my sê hulle het nog nooit n fout gemaak of ietsie gedoen maak nie saak wat dit is as hulle n paar drankies teveel in geniet het nie met so rekening moes daar n paar meskien teveel gewees het maar hoe iemand lyk hoe en wat hulle doen kom niemand maar niemand oordeel toe nie .die vrou het mos alles gaan reg maak……

Johanna Botha ·

Regtig n skande …so dit wat eintlik steel en niks anders nie …

Lance ·

Praat van slaam jou naam met n plank …nou weet mense hoe jy lyk …genade hoe herstel mens na so iets weer

Skillie ·

Jinne mense, was niemand van julle jonk, stupid en verlief nie? En het niemand van julle al ‘n ding gedoen waaroor jy na die tyd jou kop in ‘n gat wou druk nie? Ek het verseker! Gelukkig is dit nie op sosiale media geplaas nie, want ek sou verseker net soos sy deurgeloop het. Ek voel jammer vir die meisie wat al die lelike kommentare van haar moet lees. Ja, sy het ‘n dom ding gedoen, maar is dit regtig nodig om haar so te kritiseer? Almal van ons raak mettertyd groot en ordentlik. Party net vinniger as ander. Ek is seker die vernedering sal ‘n groot impak op haar maak en sorg dat sy volgende keer twee keer dink. “Have a little grace”!

Beth ·

Dis een ding as hul n paartjie is maar blykbaar volgens n ander berig ken sy hom nie. So geen liefde om te bewys nie.
En ek bly in Amerika. Daar is konserwatiewe vroue orals in die wereld.

Grotman ·

Kom nou mense! Die dogter het n duur maar waardevolle les geleer en saak is nou afgehandel. Die moegoe by haar het moontlik vir haar gese ek stick jou vir n ette en volgens ons SA tradiesie betaal die man dan vir die kos. Hy het duidelik als gedoen om haar te charm en toe betaal tyd kom kon hy nie betaal nie en nou val als op haar. Jonges sit en dink anders as ons! Sy was die prooi, los haar nou en jag die jagter.

JP de Ridder ·

Ek vermoed dat hulle tweetjies dit al vantevore gedoen het en daarmee weggekom het, maar nou vir die eerste keer uitgevang is. My simpatie is by die kelner, wat hulle drankrekening sou moes betaal as die slim eienaar dit nie op die internet ontbloot het nie.

Oom Kalahari ·

Sacha Geere het weldra gou agtergekom wat die negatiewe impak op haar gaan meebring met so ‘n optrede.Niemand veroordeel of loop met die Bybel onder die arm, maar sulke tipe van optredes is ongehoord. ‘n Rekening van R1300.00 saam ‘n vreemde person wat jy nie ken en regtig jy sit so gemaklik met hom, watter tipe beeld dra jy uit met eerste ontmoeting en hoe het of moes hy weet jy het nie geld nie. Pleks van tref reëlings dan met die eienaar, gee jou besonderhede en doen dit met opregtheid. Hierdie optrede in ‘n openbare plek en liggaamshoudinge spreek boekdele. Ja ek is ‘n ouman en glo nog aan respek en goeie beeld stelling.

Johanna Botha ·

Dit byna soos n tref en trap as n grap …om SO met n vreemde te sit se baie …regtig n skande om die minste te se …wonder of die ouers trots is op die tiepe gedrag in publiek

Leandré Harmse ·

Ek gaan nou niks te sê hê oor hoe die vrou gesit het nie, dit is haar saak en niks het uitgesteek nie. Ek dink net dat sy ‘n simpel verskoning gemaak het. As die man werklik haar gelos het om die rekening te betaal na hy geweet het sy het nie geld nie, kon sy eerlik wees en direk na die eienaar toe gegaan het, die situasie verduidelik en uitvind of sy daar kan werk tot sy die R1300 kan betaal, eerder as om skelm te wees en saam die ou te vlug (en natuurlik van die ou ontslae raak).

Dan ook weer…wat as sy die duurste kos en drank op die menu gevat het net oor sy weet hy gaan betaal? Hy het dalk gebrag oor hoe ryk hy is. Dit regverdig steeds nie dat hy gevlug het nie, want in so geval kon hy die “date” na die eerste paar bestellings beëindig, betaal en loop.

Albei van hulle is maar ewe skelm, dis ook net die social media embarrassment wat gemaak het dat sy betaal het.

anita carstens ·

Sosiale media is n wonderlike ding vir skelm mense…jy drink en eet net as jy geld het ..en dis n skandd dat die man nie eers aanbied om helfte te bt nie…hoop die 2 het hulle les geleer ..

Etienne ·

Rekening is nie onaardig vir restaurante soos hierdie nie. Dis nie die Wimpy nie. Ek en my vriendin het al ‘n R2900 by Moyo’s Melrose Arch gekry. Twee glase Konjak alleen beloop R700. Hierdie twee het presies geweet wat hulle doen, en die straf is nie genoeg nie, want steel is steel. Sy kan bly wees ek is nie die eienaar daar nie.

Karma ·

@Etienne, ek weet nie vir wie en waar jy werk en wat jy doen nie, maar as jy R700 vir twee glase brandewyn kan betaal, moet jy een moewiese salaris verdien! R2 900 vir een enkele aandete? Dit is mos belaglik! Dit is ‘n salaris vir een maand, vir party mense! Wat eet ‘n mens as jy R2 900 vir een aandete betaal? Russiese kaviaar, kreef uit die Swartsee en haaivinsop uit Japan?

Astrid Bouwer ·

Stem heelhartig saam dit is tyd dat mense moet ophou dink hulle kan met sulke lae streke wegkom. Dalk moet daar ‘n web werf gestig word om alle tipe nie-betalers te “name and shame” soos bv pappas wat nie onderhoud betaal nie of selfs mense wat net nie hulle verantwoordelikhede nakom nie. Werk gewers kyk deesdae na sosiale media en ek dink hulle sal twee keer dink om iemand in diens te neem wat so laks optree.

Flip Nöthling ·

Die meeste van die kritici is besig om die vrou figuurlik gesproke te stenig.
Ek dink ons moet meer verdraagsaam wees.
Sy het oortree deur nie te betaal nie, sy het om verskoning gevra en betaal. Vee alles uit en laat haar met rus.

t ·

Flip – Hoe vee ‘n mens alles uit? Klink soos wat ‘n Moslem persoon eendag aan my verduidelik het; wanneer jy iemand vir ‘n oortreding vergewe het, het die oortreding nooit gebeur nie. Ek sukkel al ‘n paar jaar om my kop daar om te kry. Die oortreding het gebeur, punt. Die persoon is skelm, punt. Pasop vir die persoon in die toekoms, punt. Al wat jy met vergifnis doen is om jouself vrede te gee. Dit verander nie die oortreder se persoonlikheid en optrede nie. Hy gaan dit weer doen.

E.K. ·

Ja…sug… meisie, ‘n dame sit nie so in openbare plekke nie. Vry klaar by jou huis man! Hoop jy het ook nou jou les geleer met ‘n “man” soos daardie wat nie sy kant bring nie en hom van nou af sal vermy. Ook dat jy jou regtig moet skaam om ‘n arme kelner wat letterlik ure op sy/haar voete is wou help indoen van swaarverdiende geld. Gepaste straf sou eitnlik wees betaal rekening en werk dan op ‘n besige dag daardie kelner se skof sonder betaling en voel hoe dit voel.

Helen ·

As hulle in die eerste plek betaal het, sou hulle nie nou beroemd en berug gewees het nie. En as jy nie geld het nie, bly by die huis. As hulle nie uitgevang was nie, sou sy in elk geval nooit gaan betaal het nie. Deur hulle optrede hang daar nou bordjies om hul nekke wat mense waarsku om op te pas vir die twee.

proppie ·

Dis maar sleg en ja wees maar versigtig vir die sosiale netwerk. Wetgewing is daar om jou as persoon te beskerm. Die persoon was verkeerd maar om sosiale media te gebruik kan daardie restaurant n lelike hap uit die gatsak jaag.

Asjas ·

Nie as dit gebruik word om ‘n kriminele saak te ondersoek nie? Die “dame” en “heer” het baie lig daarvan afgekom as jy dink hulle kon aangekla gewees het?

Grant ·

Iets goeds het hieruit gekom – die skenking aan Santa Shoebox-projek. Dankie sosiale media vir die dekking en dat die geld gevorder is.

Johan ·

Lekker kritiseer julle, maar sondag HEELVOOR in die kerk!!!
Lees jou Bybel…

MissDemeanor ·

Dit is verkeerd dat die resturante onbetaalde rekeninge se geld van kelners se selarisse aftrek. Waarom moet die kelners die risiko dra?

Nel ·

Ek gee Sacha die voordeel van die twyfel, want dis vir my kommerwekkend dat ons al so afgestomp geraak het dat niemand meer enige iets goed in ‘n medemens kan sien nie. Ek wonder of die bitterbek-kritici wat hier so kwistig kommentare rondstrooi al enigs na haar kant van die storie geluister het? Die klanksnit is op haar FB-muur beskikbaar…..
En net vir die rekord ek praat nie haar ‘gesittery’ goed nie – geensins nie.

Mariaan ·

Hoekom meeste so op HAAR afgaan verstaan ek nie…wat het geword vd man wat leiding moet neem??? Mans wil tog so graag die baas wees…maar kan nie eers in so geval die vrou beskerm nie..betaal die rekening jou treurige man!! Nou word net sy in meeste gevalle blameer….shame…manne raak tog so pieperig!

E.K. - ek sê net! ·

Die DELER is so goed soos die STELER. Dis hoekom mense afgaan oor haar. Sy moes maar twee ekeer gedinkhet voor sy uitgestap het sonder betaal. Hoop sy het die “looser” gelos!

Asjas ·

Jip, jy is 100% reg! Ek kan die hoeveelheid gentlemen oor op aarde seker op my een hand tel.

Kink ·

Sacha, welgedaan dat jy verantwoordelikheid geneem het om die rekening te betaal.
Dan ook, enige man sal daarvan hou dat jy so gemaklik is in jouself om die boundaries te push en die rol van ‘n verleidster te speel. Niemand anders het niks gesien nie. Jammer ek bly nie Kaapstad om die rekening te betaal as ons gaan uit eet nie. Live and let live.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.